Jean-Philippe Loys de Chéseaux (1718–1751) was ’n sterrekundige van Lausanne in Switserland. Hy het in 1746 ’n lys van newels opgestel, waarvan agt sy eie ontdekkings was. Hy was een van die eerste mense wat geglo het in wat later bekend sou word as Olbers se Paradoks (dat as die heelal oneindig was, die naghemel helder sou gewees het).
De Chéseaux het twee komete ontdek: C/1743 X1 saam met Dirk Klinkenberg en C/1746 P1.
Verwysings
Kategorie:Switserse sterrekundiges Kategorie:Geboortes in 1718 Kategorie:Sterftes in 1751