Baardskeerdersbos is 'n landelike nedersetting in die Rooi-Strandveld van die Overberg. Elim, Wes-Kaap lê oos van Baardskeerdersbos, Bredasdorp en Napier na die noordooste en Gansbaai weswaarts. Omdat dit slegs met grondpaaie bereik kan word, het dorpsontwikkeling tot dusver uitgebly. Sou die beoogde teerpad tussen Gansbaai en Bredasdorp 'n werklikheid word, sal die gehuggie vinnig verander. Oor die oorsprong van die naam bestaan onduidelikheid. Waarskynlik is dit na 'n soort spinnekop met die naam baardskeerder genoem.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap