Vir ’n artikel oor die sterreteken Waterdraer, sien Waterdraer (sterreteken).
Die Waterdraer (Latyn: Aquarius) is ’n ewenaarsterrebeeld in die diereriem, tussen die Steenbok en die Visse. Sy teken is 15px (Unicode ♒︎), ’n voorstelling van water.
Die Waterdraer is een van die oudste bekende sterrestelsels in die diereriemJohn H. Rogers, "Origins of the ancient contellations: I. The Mesopotamian traditions", Journal of the British Astronomical Association 108 (1998) 9–28 en was een van die 48 sterrebeelde wat benoem is deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus. Dit is steeds een van die 88 moderne konstellasies.John Sanford: Observing the Constellations. Londen: Guild Publishing/Mitchell Beazley Publishers 1989, bl. 18 Dit is geleë in ’n streek wat dikwels "die See" genoem word vanweë die getal sterrebeelde wat daar voorkom wat met water verband hou, soos die Walvis, die Visse en die rivier Eridanus.
Geskiedenis en mitologie Aquarius word geïdentifiseer as "Die Groot Een" in die Babiloniese mitologie en is ’n voorstelling van die god Ea, wat gewoonlik uitgebeeld word waar hy ’n kruik vashou wat oorloop. In Ou Babiloniese sterrekunde was Ea die heerser van die mees suidelike kwart van die sonnebaan, die "Weg van Ea", wat ooreenstem met ’n tydperk van 45 dae weerskante van midwinter. Aquarius is ook verbind met die vernietigende vloede wat die Babiloniërs dikwels getref het en hy het dus ’n negatiewe konnotasie gehad. Die Babiloniese sterfiguur verskyn op stene en silinderseëls uit die 2de millennium v.C. In die Vroeë Bronstydperk het dit die Noordelike Halfrond se wintersonstilstand bevat.
thumb|170px|links|Ganumedes word deur die arend weggevoer in die Griekse mitologie (Rubens). In die Egiptiese sterrekunde is die Waterdraer verbind met die jaarlikse oorstromings van die Nyl; daar word gesê die walle het oorstroom wanneer die Waterdraer sy kruik in die rivier gesit het, en dan het die lente begin.
In die Griekse tradisie is die sterrebeeld voorgestel deur ’n enkele kruik waaruit ’n stroom water afvloei na die Suidelike Vis. Die naam in die Hindoe-diereriem is eweneens kumbha "waterkruik".
In die Griekse mitologie word Aquarius soms verbind met Deukalion, die seun van Prometeus wat saam met sy vrou, Pirra, 'n skip gebou het om 'n dreigende vloed te oorleef. Hulle het nege dae lank gevaar voordat hulle aan wal gespoel het. Die Waterdraer word ook soms geïdentifiseer met die pragtige Ganumedes, 'n jeug in die Griekse mitologie en die seun van die Trojaanse koning Tros wat deur Zeus na Olimpus geneem is om as bekerdraer vir die gode op te tree.
Die nabygeleë sterrebeeld Arend verteenwoordig die arend wat die jong seun op bevel van Zeus weggeraap het. Volgens sommige weergawes van die mite was die arend in werklikheid 'n getransformeerde Zeus. Volgens een tradisie is hy deur Eos weggevoer.
Nog 'n figuur wat met die Waterdraer verbind word, is Kekrops I, koning van Athene, wat water in plaas van wyn aan die gode geoffer het.
Uitbeeldings thumb|250px|'n Voorstelling van die Waterdraer wat in 1825 gedruk is as deel van sterkaarte Urania se Spieël (dit sluit 'n nou verouderde sterrebeeld, Warmlugballon, suid daarvan in).
In die eerste eeu het Ptolemeus se Almagest die algemene Westerse uitbeelding van die Waterdraer gevestig. Sy waterkruik, self 'n asterisme, bestaan uit Gamma, Pi, Eta en Zeta Aquarii; dit gooi water in 'n stroom van meer as 20 sterre wat eindig met Fomalhaut, wat nou in die Suidelike Vis val. Die waterdraer se kop word voorgestel deur 25 Aquarii, 'n ster van die 5de magnitude, terwyl sy linkerskouer Beta Aquarii is; sy regterskouer en voorarm word onderskeidelik deur Alpha en Gamma Aquarii verteenwoordig.
In die Oosterse sterrekunde In die Chinese sterrekunde is die stroom water wat uit die Waterkruik vloei, uitgebeeld as die "Leër van Yu-Lin" (Yu-lim-kiun of Yulinjun, Hanzi: 羽林君). Die naam "Yu-lin" beteken "vere en woude", met verwysing na die talle ligvoetige soldate uit die noordelike uithoeke van die ryk wat deur hierdie dowwe sterre verteenwoordig word. Die konstellasie se getal sterre was die meeste van enige Chinese sterrebeeld: altesaam 45. Hulle is feitlik nou almal in die Waterdraer geleë.
Die hemelse leër is beskerm deur die muur Leibizhen (垒壁阵), wat Iota, Lambda, Phi en Sigma Aquarii onder sy 12 sterre tel. 88, 89 en 98 Aquarii verteenwoordig Fou-joue, die byle wat as wapens gebruik is en ook tereggestelde gevangenes. Ook in die Waterdraer is Loui-pi-tchin, die verdedigingswalle wat strek van 29 en 27 Piscium en 33 en 30 Aquarii deur Phi, Lambda, Sigma en Iota Aquarii tot by Delta, Gamma, Kappa en Epsilon Capricorni. Net so word die Waterdraer in die Hindoekalender as Kumbha uitgebeeld. Kumbha, wat 'n pot of kruik beteken, staan vir die sterreteken Waterman.
Naby die grens met die Walvis is die byl Fuyue, wat deur drie sterre voorgestel word. Die posisie daarvan word egter betwis: Dit kon eerder in die Beeldhouer geleë gewees het. Tienliecheng het ook 'n betwiste posisie; dié kasteel van 13 sterre vol verdedigingswalle was dalk Nu en Xi Aquarii, maar kon eerder suid in die Suidelike Vis gelê het. Die antieke Chinese het die asterisme Waterkruik as die graf, Fenmu, beskou. Daarnaby het die keisers se mausoleum, Xiuliang, gestaan, afgebaken deur Kappa Aquarii en drie ander saamlynige sterre. Ku en Qi (wat albei "huil" beteken), het elk uit twee sterre bestaan en was in dieselfde streek geleë.
Ruimtevoorwerpe duimnael|170px|Die sterrebeeld Waterdraer soos met die blote oog van die Aarde af gesien. Sterre Ondanks sy prominente posisie in die diereriem en sy grootte, het die Waterdraer nie baie helder sterre nie; sy helderste vier sterre het almal ’n magnitude van minder as 4. Sowat 100 sterre kan met die blote oog waargeneem word. In onlangse navorsing is gevind dat daar verskeie sterre is wat planeetstelsels het.
Van die sterre in die sterrebeeld is van Alpha Aquarii tot Pi Aquarii, Gliese 876 (een van die naaste sterre aan die Aarde: 15 ligjare), 91 Aquarii en Gliese 849.
Die helderste twee sterre, Alpha Aquarii, ook bekend as α Aquarii of Sadalmelik, en β Aquarii (Sadalsuud) is liggewende geel superreuse van spektraaltipes G0Ib en G2Ib onderskeidelik wat eens warm blouwit B-klas hoofreekssterre was, met 'n massa van vyf tot nege keer dié van die Son. Die twee beweeg loodreg tot die vlak van die Melkweg deur die ruimte.
β Aquarii is die helderste ster in die Waterdraer met 'n skynbare magnitude van 2,91, net effens helderder as α Aquarii. Nadat dit afgekoel en uitgesit het tot ongeveer 50 keer die Son se deursnee, is dit sowat 2 200 keer so liggewend soos die Son. Dit het 'n massa van ongeveer 6,4 keer dié van die Son en is sowat 56 miljoen jaar oud. Sadalsuud is van die Aarde af.
α Aquarii het 'n skynbare magnitude van 2,94. Dit is 520 ± 20 ligjare van die Aarde af, en het 'n massa van sowat 6,5 keer dié van die Son. Dit is 53 miljoen jaar oud.
Gamma Aquarii (γ Aquarii, Sadachbia) is 'n wit hoofreeksster van spektraaltipe A0V wat tussen 158 en 315 miljoen jaar oud is en ongeveer 2,5 keer die massa van die Son het. Dit het 'n radius van dubbel dié van die Son. Sy magnitude is 3,85 en dit is weg, wat sy ligsterkte op ongeveer 50 keer die Son s'n plaas. Die naam "Sadachbia" kom van die Arabiese term vir "gelukkige sterre van die tente", sa'd al-akhbiya.
Delta Aquarii (δ Aquarii of Skat) is 'n blouwit ster van spektraaltipe A2 met 'n skynbare magnitude van 3,27 en 'n ligsterkte van 105 keer die Son s'n.
Epsilon Aquarii (ε Aquarii of Albali) is 'n blouwit ster van spektraaltipe A1 met 'n skynbare magnitude van 3,77 en 'n ligsterkte van 28 keer dié van die Son.
Zeta Aquarii (ζ Aquarii) is 'n dubbelster van spektraaltipe F2; albei sterre is wit. Saam lyk hulle soos 'n ster met 'n magnitude van 3,6 en 'n ligsterkte van 50 keer die Son s'n. Die primêre ster het 'n magnitude van 4,53, terwyl die sekondêre ster se magnitude 4,31 is. Die stelsel se wentelperiode is 760 jaar; tans beweeg die twee komponente al hoe verder van mekaar af weg.
Theta Aquarii (θ Aquarii, soms genoem Ancha) het 'n spektraaltipe van G8 en 'n skynbare magnitude van 4,16.
Kappa Aquarii (κ Aquarii, ook genoem Situla) het 'n skynbare magnitude van 5,03.
Lambda Aquarii (λ Aquarii, ook genoem Hudoor of Ekchusis) is 'n M-tipe ster met 'n magnitude van 3,74 en 'n ligsterkte van 120 keer dié van die Son.
Xi Aquarii (ξ Aquarii, ook bekend as Bunda) is 'n A-tipe ster met 'n skynbare magnitude van 4,69.
Pi Aquarii (π Aquarii, ook genoem Seat) is 'n B-tipe ster met 'n skynbare magnitude van 4,66
Planeetstelsels Teen 2013 is 12 eksoplaneetstelsels in die Waterdraer ontdek. Gliese 876, een van die naaste sterre aan die aarde op 'n afstand van 15 ligjare, was die eerste rooidwerg waarom 'n planeetstelsel ontdek is. Vier plante wentel om die ster, insluitende een aardplaneet van (aardmassas). Die planete se wentelperiodes wissel van twee tot 124 dae.
91 Aquarii is 'n oranje reus met een planeet, 91 Aquarii b. Die planeet se massa is (jupitermassas) en sy wentelperiode is 182 dae. Gliese 849 is 'n rooidwerg met die eerste bekende langperiode- Jupiteragtige planeet, Gliese 849 b. Die planeet se massa is 0,99 keer dié van Jupiter en sy wentelperiode is 1 852 dae.
Daar is ook minder prominente stelsels in Aquarius. WASP-6, 'n tipe G8-ster met 'n skynbare magnitude van 12,4, het een eksoplaneet, WASP-6 b. Die ster is 1 000 ligjare van die Aarde af, en het 'n massa van 0,888 sonmassa en 'n radius van . WASP-6 b is in 2008 deur die oorgangsmetode ontdek. Dit wentel elke 3,65 dae om die ster op 'n afstand van 0,042 AE. Dit is , maar het 'n proporsioneel groter radius van .
HD 206610, 'n K0-tipe ster wat sowat 632 ligjare van die Aarde af is, het ook een planeet, HD 206610 b. Die gasheerster is teen groter as die Son en teen 1,6 sonmassa ook swaarder. Die planeet is in 2010 met die radialesnelheidsmetode opgespoor en het 'n massa van . Dit wentel elke 610 dae om die ster op 'n afstand van 1,68 AE. WASP-47 b is veel nader aan sy gasheerster, die geeldwerg WASP-47, en wentel elke 4,15 dae daarom op 'n afstand van net 0,052 AE. WASP-47 is net effens groter as die Son teen 'n radius van en 'n massa van . WASP-47 b is in 2011 deur die oorgangsmetode ontdek, nes WASP-6 b. Dit is effens groter as Jupiter, en het 'n massa van en 'n radius van .
Daar is nog verskeie sterre met een planeet elk in die Waterdraer. HD 210277, 'n geeldwerg met 'n skynbare magnitude van 6,63 wat sowat 69 ligjare van die Aarde af is, het een bekende planeet: HD 210277 b. Die planeet van het 'n afstand van sy ster van byna die Aarde s'n van die Son: 1,1 AE. Sy wentelperiode is egter aansienlik langer, teen sowat 442 dae. HD 210277 b was in 1998 een van die planete in die Weegskaal wat eerste ontdek is, met behulp van die radialesneldheidsmetode. Die ster waarom dit wentel se eienskappe stem baie ooreen met dié van die Son: Dit het dieselfde spektraalklas, 'n radius van 1,1 sonradiusse en 'n massa van 1,09 sonmassas.
HD 212771 b, 'n groter planeet teen sowat , wentel op 'n afstand van 1,22 AE om sy gasheerster, HD 212771, af. Die ster, wat met sy skynbare magnitude van 7,6 net-net nie met die blote oog gesien kan word nie, is 'n geel subreuse sowat 427 ligjare van die Aarde af. Hoewel dit byna dieselfde masssa as die Son het (1,15 sonmassas) is dit heelwat minder dig en het dit 'n radius van 5 sonradiusse. Die planeet is, nes verskeie ander eksoplanete in die Waterdraer, met die radialenselheidsmetode opgespoor.