Die essenhout (Ekebergia capensis) of esseboom is 'n immergroen tot halfbladwisselende boom in die mahonie-familie wat wydverspreid in Afrika suid van die Sahara voorkom. Dit groei tot 20 meter hoog en word in Suid-Afrika in kus- en bergwoude van Knysna af deur KwaZulu-Natal tot in Mpumalanga en Limpopo aangetref. Die boom se FSA-nommer is 298.
Verspreiding In Suid-Afrika is die boom inheems in KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap.http://redlist.sanbi.org/species.php?species=961-1 In die res van Afrika is die boom inheems in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, die Caprivistrook in Namibië, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Liberië, Malawi, Mali, Mosambiek, Nigerië, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Tanzanië, Togo, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Beskrywing duimnael|links|245px|Saamgestelde blaar en groen en ryp vrugte aan 'n vrugstadiumbloeiwyse Die boom word baie groot en die groot, donkergoen blare is saamgesteld. Elkeen bestaan uit drie tot vyf pare blaartjies en 'n enkele eindblaar. Die vrug is ongeveer 1.5 cm in deursnee en bevat tot vier sade. In Engels staan die boom bekend as die Cape ash of Dogplum. Die spesie word nie bedreig nie en geniet ook nie amptelike beskerming nie. Die boom word algemeen as straatversiering aangeplant.
Dit is 'n gasheerplant vir die skoenlapper Charaxes brutus natalensis
Ontdekking Die spesie is in die Essenbosch naby die huidige Kareedouw deur Sweedse natuurkundiges ontdek. Thunberg se reisverslae van 19 November 1772 en 20 November 1773 meld onderskeidelik: ... arriveer te Essebosch, 'n voortreflike bos geleë in 'n bykans gelyk vlakteland en, ... ons tog is hervat tot by Essebosch, 'n fraai en pikante bos wat sy naam aan die groot Essenbome, Ekebergia capensis, te danke het wat daar gegroei het, waarvan die blaar 'n sterk ooreenkoms met die Europese es, Fraxinus, toon. Groot vyebome, Ficus capensis, waarvan die vrugte deur die bobbejane gevreet word, was ook hier algemeen. In Sparrman se Kaapse reisverslag van November 1775 beskryf hy die trekskof deur die Langkloof na Tsitsikamma en die Seekoeirivier, waarin hy meld: Op die 1ste November het ons vertrek met Krommerivier as bestemming, so genoem weens die baie kronkels wat dit in die nou dal vorm. Die rivier was opgeslik, en ook in ander opsigte moeilik begaanbaar, sodat ons dit 8 keer moes oorsteek voor ons Essenbosch op die volgende dag, die 2de November kon bereik. Die naam Essenbosch verwys naamlik na 'n strook oewerbos aan die Essenrivier, wat soos die boom, sy naam aan die Esse of Esboom ontleen. Hierdie boom verteenwoordig 'n volkome nuwe genus, en is deur my beskryf in die Transaksies van die Koninklike [Sweedse] Wetenskapsakademie, onder die naam Ekebergia Capensis, ter ere van die heer Karel Gustavus Ekeberg, Genoot van die Koninklike Wetenskapsakademie en Ridder van die Orde van Vasa, wat die aanleiding vir my huidige reis was, en wat deur sy geesdrif vir natuurgeskiedenis en sy bemoeienis om die onderwerp te bevorder, 'n gepaste begunstigde vir die verering is.
Ander name Amharies: Lol, Sombo Lozi: Munyonga, Mungombayami Noord-Sotho: Mmidibidi Swazi: umNyamatsi Tsonga: Nyamaru Xhosa: umGwenyezinja Zoeloe: umNyamathi, uVungu, uManaye, umGwenya-wezinja, uSimanaye
Fotogalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bron Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000.
Kategorie:Ekebergia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Benin Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burkina Faso Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Gambië Kategorie:Flora van Ghana Kategorie:Flora van Guinee Kategorie:Flora van Guinee-Bissau Kategorie:Flora van Ivoorkus Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Liberië Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mali Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Senegal Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Togo Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe