Rugby League Park (ook bekend as Christchurchstadion) is 'n stadion in Christchurch, Nieu-Seeland, wat vir rugby en rugby league aangewend word. Die stadion was vroeër bekend as die Addington Skougronde en word besit deur die Canterbury Rugby League.
Rugby League Park het ernstige skade gekry tydens die Christchurch-aardbewing in Februarie 2011 en was gesluit tot 24 Maart 2012. Afskop uitgestel maar wintersportsoorte verwag om te speel The Star, 4 Maart 2011
Na die aardbewing moes die pawiljoene afgebreek word. Die AMI-stadion, die hoofsportgronde in Christchurch, het egter heelwat meer skade gely. As tydelike vervanging vir die stad is Rugby League Park opgegradeer na 18 000 sitplekke in Maart 2012 met ’n moontlike uitbreiding na 26 000 vir groot wedstryde. Die gevolg was dat die Crusaders hul basis na Rugby League Park verskuif het vir die 2012 Superrugbyseisoen. Die stadion sou ook die gasheer wees van ’n All Black-wedstryd en ’n wedstryd van die Wellington Phoenix. Nuwe rugbystadion vir Christchurch New Zealand Herald, 8 November 2011
Wedstryde Rugbyliga-toetswedstryde Toets# Datum Uitslag Toeskouers 1 29 Julie 1950 versl. Groot-Brittanje 16–10 10 000 2 27 Junie 1953 versl. 25–5 5 509 3 1 Augustus 1964 versl. 18–8 4 935 4 19 Julie 1970 Groot-Brittanje versl. 23–9 8 600 5 4 Augustus 1974 Groot-Brittanje versl. 17–8 6 316 6 15 Junie 1975 versl. 27–0 2 500 7 12 Junie 1977 Groot-Brittanje versl. 30–12 7 000 8 5 Augustus 1979 Groot-Brittanje versl. 22–7 8 500 9 22 Julie 1984 versl. Groot-Brittanje 28–12 9 824 10 17 Julie 1988 versl. Groot-Brittanje 12–10 8 525 11 23 Junie 1991 versl. 32–10 2 000
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Christchurch Kategorie:Rugbystadions in Nieu-Seeland Kategorie:Sokkerstadions in Nieu-Seeland