Ipswich is 'n stad in die Engelse graafskap Suffolk. Met sowat 138 000 inwoners is die stad ook die grootste nedersetting in Suffolk. Die oppervlakte is 40 km². Ipswich is geleë aan die monding van die Orwellrivier en is die hoofstad van die graafskap Suffolk in Oos-Anglia. Die sokkerklub Ipswich Town FC is in Ipswich gesetel.
16,8% van die bevolking is ouer as 65 jaar. Werkloosheid staan op 3,5% van die arbeidsmag (2001-sensussyfers). duimnael|links|280px|Vakwerkhuise in St. Nicholasstraat, Ipswich duimnael|links|280px|'n Antieke huis in Ipswich
Naam Oorspronklik was die naam van hierdie plek Gipeswic. Die huidige naam is hiervan afgelei.
Sport Ipswich Town FC is die professionele sokkerklub van Ipswich en speel sy wedstryde in die Portman Road-stadion. Die klub het die UEFA-beker in 1981 gewen.
Kategorie:Nedersettings in Suffolk