Skukuza is die hoofruskamp van die Nasionale Krugerwildtuin. Die naam, aangepas vanaf die Zoeloewoord Sikhukhuza, was 'n troetelnaam vir James Stevenson-Hamilton. Dit beteken 'nuwe besem', omdat Stevenson-Hamilton die gebied 'skoongevee' het van wilddiewe en ander skelms. Die kamp is in 1902 opgerig, en het eers as Sabiebrug (Engels: Sabie Bridge) bekend gestaan tot dit herdoop is na Skukuza in 1936.

Geriewe duimnael|links|Deel van die Waterkant-gastehuis. duimnael|links|Die Stevenson-Hamilton-Gedenkbiblioteek in Skukuza. duimnael|links|Ou spoorwegbrug oor die Sabierivier langs Skukuza. Dit is by verre die grootse kamp in die Krugerwildtuin en is geleë op die suidelike oewer van die Sabierivier. Die kamp huisves 'n paar historiese plekke, soos die drie museums en die biblioteek, behalwe die kamp se winkels en restaurante. Die Selati Treinrestaurant is geleë op 'n ou spoorwegplatform aan die oostekant van die kamp.

Besoekers kan by die ontvangskantoor reëlings tref vir wildbesigtigingsritte, bosbraaie en staptogte in die Krugerwildtuin. Buiten die gewone basiese geriewe, beskik Skukuza ook oor twee swembaddens, 'n gholfbaan, biblioteek, ligte motorherstelwerk, polisiestasie, poskantoor en 'n bank. Hierdie geriewe word dwarsdeur die kamp omring deur verskillende soorte hutte, gastehuise en 'n groot kampterrein. Meeste gastehuise en sommige hutte is op die Sabierivier se oewer geleë, met 'n pragtige uitsig vir genotvolle wildkyk.

Net buite die kamp is 'n kwekery van die Parkeraad waar inheemse plante besigtig en gekoop kan word. Die plantjies is geskik vir 'n soortgelyke warm, droë klimaat.

Akkommodasie Die kamp kan elke aand 640 persone in permanente akkommodasie huisves, plus dan nog die 80 kampeerplekke vir die buitelugmense.

198 Enkelslaapkamerhutte (2 tot 3 persone, met of sonder kook/wasgeriewe) 80 Woonwa- of tentstaanplekke 15 Gastehuise (4 of 6 bed) 4 Luukse gastehuise (3x 8-bed en 1x 12-bed) 20 Safaritente (12x 2-bed en 8x 4-bed)

Gesondheidsrisiko Die tropiese siekte malaria kom in die laeveld voor, en besoekers moet die nodige voorsorg daarteen tref. 'n Dokter, apteker of reisburo kan vooraf geraadpleeg word.

Verwysings

Kategorie:Krugerwildtuin Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga