Apple Inc. (gelys op NASDAQ as AAPL, voorheen bekend as Apple Computer, Inc.) is ’n Amerikaanse multinasionale korporasie wat rekenaars, verbruikerselektronika, bedryfsstelsels en programmatuur ontwerp, vervaardig en – naas tradisionele kleinhandelkanale – ook in sy eie aanlyn- en straatwinkels (Apple Stores) bemark. Apple se hardewaretoestelle word – in teenstelling met dié van ander vervaardigers – rondom die onderneming se eie sagteware ontwikkel om volledige versoenbaarheid van alle komponente te verseker. Veiligheid en modernisties-estetiese ontwerpe is ander streng kriteria.
In die 1970’s was Apple een van die eerste vervaardigers van persoonlike rekenaars wat danksy sy bemarkingstrategie vir sy Macintosh-reeks ’n beslissende bydrae tot die kommersiële sukses van tuisrekenaars gelewer het. In die 1980’s het die maatskappy nog eens ’n baanbrekersrol by die invoering van grafiese koppelvlakke en rekenaarmuise vervul. Met die bekendstelling van die iPod in 2001, die slimfoon iPhone in 2007, die tabletrekenaar iPad in 2010 en die slimhorlosie Apple Watch in 2015 het Apple sy sakebelange ook na ander produkvelde uitgebrei.
Sy programmatuur sluit die volgende in: die macOS-bedryfstelsel; die iTunes-mediaspeler; die iLife-pakket van multimedia- en kreatiwiteitsprogrammatuur; die iWork-pakket van produktiwiteitsprogrammatuur; Aperture, ’n professionele fotografiepakket; Final Cut Studio, ’n reeks van professionele en rolprentindustrieprogrammatuurprodukte; Logic Studio, ’n reeks van musiekproduksieprogrammatuur; die Safari-webblaaier; en iOS en iPadOS, die mobiele bedryfstelsels vir Apple se slimfone en tabletrekenaars.
Apple Inc. is die grootste beursgenoteerde maatskappy in die wêreld deur markkapitalisasie, die eerste onderneming waarvan die markwaarde die $1-biljoenkerf oorskry het, asook die grootste tegnologiemaatskappy in die wêreld gemeet aan omset en wins. In die fiskale jaar 2019 was die omset op die wêreldmark $260 miljard - 'n styging van 3 000 persent teenoor 2004. Apple se omset is intussen selfs groter as dié van sommige van die voorste rolspelers in die motorbedryf soos Daimler, Ford of Honda.Statista.com, 1 November 2019: Umsatz von Apple Inc. weltweit in den Geschäftsjahren von 2004 bis 2019 (in Milliarden US-Dollar). Besoek op 12 Mei 2020 In die tweede kwartaal van 2020 is 49,7 persent van Apple se omset deur iPhone-verkope gegenereer.Statista.com, 4 Mei 2020: Umsatzanteile der Produktgruppen an Apples Gesamtumsatz vom 1. Geschäftsquartal 2011 bis zum 2. Geschäftsquartal 2020. Besoek op 12 Mei 2020 In die eerste kwartaal van 2020 is 36,7 miljoen eenhede wêreldwyd verkoop.Statista.com, 5 Mei 2020: Absatz von Apple iPhones weltweit vom 2. Quartal 2007 bis zum 1. Quartal 2020 (in Millionen Stück). Besoek op 12 Mei 2020
Die tydskrif Fortune het Apple in 2020 vir die dertiende jaar in 'n reeks as die mees bewonderde maatskappy in die wêreld benoem.Fortune.com: World’s Most Admired Companies. Besoek op 12 Mei 2020 Fortune se ranglys is gebaseer op 'n meningspeiling onder byna 3 800 hoof uitvoerende beamptes, direkteurs en ontleders. Die Apple-handelsmerk was in 2019 die waardevolste ter wêreld, nog voor Google en Amazon, met $234,241 miljard volgens Interbrand se Best Global Brands-verslag wat op 17 Oktober 2019 gepubliseer is.MSN Money – Yahoo! Finance: The most valuable brands in the world revealed. Besoek op 17 Oktober 2019
Die maatskappy het hulself egter ook heelwat kritiek op die hals gehaal weens die werkstoestande van kontrakteurs en weens hul omgewings- en sakepraktyke. Ná sy stigting op 1 April 1976 in Cupertino, Kalifornië en sy inkorporasie op 3 Januarie 1977 Apple Beleggersverhoudings FAQ , Apple Inc. URL besoek op 2 Maart 2007. het die maatskappy vir die eerste dertig jaar as Apple Computer, Inc. bekend gestaan. Die woord “Computer” is op 9 Januarie 2007 van die naam verwyder, aangesien die tradisionele fokus van persoonlike rekenaars na verbruikerselektronika verskuif het.
Geskiedenis 1976–1980: die vroeë jare Historiese agtergrond Die persoonlike rekenaar as tegnologiese innovasie het sy historiese oorsprong, net soos die internet, in tegnologieë wat gedurende die 1960's ontwikkel is, onder meer danksy grootskaalse befondsing deur die Amerikaanse Departement van Verdediging. Die blote idee van persoonlike rekenaars is deur groot vervaardigers soos IBM aanvanklik as absurd verwerp. Dit was jong baanbreker-ondernemings soos Apple, Commodore en Tandy wat in die laat 1970's en vroeë 1970's die eerste klaargeboude rekenaars vir privaat middelklasgebruikers bemark het. duimnael|links|'n Advertensie vir die Apple II-tafelrekenaar wat in 1977 geloods is en onder meer in die tydskrif Byte verskyn het Die eerste rekenaars was uitsluitlik as duur monteerstelle beskikbaar wat deur geesdriftiges self saamgebou en geprogrammeer moes word. 'n Klein informele vereniging van rekenaargeesdriftiges, wat hulself Homebrew Computer Club genoem het, het met sy byeenkomste, wat tussen Maart 1975 en Desember 1986 in Menlo Park, San Mateo County, Kalifornië plaasgevind het (Gordon French, medestigter van die klub, het die eerste byeenkoms in sy motorhuis gereël nadat hulle die MITS Altair 8800 mikrorekenaar in hande gekry het), sou 'n belangrike rol speel by die ontwikkeling van mikrorekenaars vir tuisgebruik en die groei van Kalifornië se groot industriële inligtingstegnologiekompleks Silicon Valley. Klublede het onderdele, stroombane, inligting en ervarings met die selfbou van rekenars gedeel. Die eerste byeenkoms was vir Steve Wozniak die inspirasie vir die ontwerp van die Apple I-rekenaar.
Stigting en Apple I duimnael|regs|Die Apple I, die jong onderneming se eerste produk, is aanvanklik as selfboustel bemark. Anders as destyds beskikbare rekenaars in die laer pryssegment, wat instruksies per skakelaars en lampies ontvang het, het die Apple I oor poorte beskik waarmee 'n sleutelbord en skerm daaraan gekoppel kon word. Teks is in swart-en-wit vertoon. Die eienaar van hierdie eenheid het ’n sleutelbord en ’n houtkis bygevoeg. duimnael|Die Apple II plus is deur Steve Wozniak ontwerpMuseum of the Moving Image, New York Apple is op 1 April 1976 deur Steve Jobs, Steve Wozniak en Ronald Wayne gestig om die Apple I persoonlike rekenaarpakket te verkoop. Die jong onderneming is deur Mike Markkula, 'n ingenieur, sakeman en belegger wat later die amp van hoof uitvoerende beampte van Apple sou beklee, met risikokapitaal ondersteun.
Wozniak het die rekenaars in die motorhuis van Jobs se ouers in Palo Alto met die hand gebou ’n Gesprek met rekenaarpionier Steve Wozniak NPR. 29 September 2006. en hulle later by die plaaslike Homebrew Rekenaarklub vir die eerste keer aan die publiek vertoon. Wozniak, Stephen. Homebrew en hoe die Apple ontstaan het , Digital Deli. URL besoek op 2 Maart 2007. Die Apple I is verkoop as ’n moederbord (met SVE, RAM en basiese tekstuele videoskyfies)—veel minder as wat vandag as ’n rekenaar beskou word. Kahney, Leander. Herbou ’n Apple van die verlede, Wired, 19 November 2002. Altesaam 200 eksemplare van die Apple I, wat oorspronklik as selfboustel ontwerp is, is vanaf Julie 1976 verkoop vir $666,66 (met inflasie aangepas na $2 723 in 2012) Game Makers (TV-program): Apple II. Uitgesaai op 6 Januarie 2005. Wozniak, Steven: "iWoz", bl. 180. W.W. Norton, 2006.
Apple is op 3 Januarie 1977 geïnkorporeer, sonder Wayne, wat die risiko as te groot geag en sy aandele van tien persent in die maatskappy twaalf dae later aan Jobs en Wozniak verkoop het vir $800. Die risiko vir hom was 'n lening wat Steve Jobs aangegaan het en sy kontrak met 'n onderneming wat onderdele sou verskaf. Wayne het die leweransier se betroubaarheid in twyfel getrek en was as jong vader met 'n huis nie bereid om borg te staan nie.CNBC.com, 2 Augustus 2018: Apple just hit a $1 trillion market cap—here’s why its little-known third co-founder sold his 10% stake for $800. Besoek op 8 Mei 2020
Sy aandele sou in 2018 $95 miljard werd gewees het.Macworld.co.uk: The History of Apple- The foundation of Apple. Besoek op 8 Mei 2020 Wayne het sy besluit nogtans nooit betreur nie. Hy het later verduidelik dat hy geen waarde aan rykdom sou heg nie en dat dit van hom net die welvarendste man op die begraafplaas sou gemaak het. Ook het hy vir homself binne die jong onderneming geen kans gesien vir selfverwesenliking nie. Apple het aan hom sy eerste embleem sowel as die teks vir die akte van oprigting, wat uit sy pen gekom het, te danke.
Multimiljoenêr Mike Markkula het noodsaaklike sakekundigheid en befondsing van $250 000 gedurende die inkorporering van Apple verskaf.
Apple II Die Apple II is op 16 April 1977 bekendgestel tydens die eerste Weskusrekenaarjaarmark. Die Apple II-reeks is as 'n oop stelsel ontwerp – alle belangrike konstruksiebesonderhede is gepubliseer. Hierdie beginsel is later deur IBM oorgeneem en as IBM PC bemark.
Dit het van die grootste mededingers, die TRS-80 en Commodore PET verskil deurdat dit ’n karakterselgebaseerde kleurgrafika en oop rekenaarargitektuur ingesluit het. Terwyl vroeë modelle gewone kassetbandjies as opslagapparate gebruik het, is dit vervang met die bekendstelling van ’n 5 1/4 duim slapskyfdryf en koppelvlak, die "Disk II".
Die Apple II is gekies om die werkskermplatform vir die eerste killer app van die sakewêreld, die VisiCalc sigbladprogram. Hormby, Thomas. VisiCalc en die opgang van die Apple II , Low End Mac, 22 September 2006. URL besoek op 2 Maart 2007. VisiCalc het ’n besigheidsmark vir Apple geskep en het tuisgebruikers ’n bykomende rede gegee om ’n Apple II te koop — versoenbaarheid met die kantoor. Volgens Brian Bagnall het Apple sy verkoopsyfers baie oordryf en was hulle baie ver agter Commodore en Tandy totdat Visicalc verskyn het. Persoonlike Rekenaar markaandele: 1975–2004 Die syfers toon Mac hoër, maar dit is nie net een model nie.
Apple III Teen die einde van die 1970’s het Apple rekenaarontwerpers en ’n produksielyn gehad. Die maatskappy het die noodlottige Apple III in Mei 1980 bekendgestel in ’n poging om met IBM en Microsoft mee te ding in die sake en korporatiewe rekenaarmark. Coventry, Joshua. Apple III Chaos: Wat gebeur het toe Apple probeer toetree het tot die sakemark , Low End Mac, 1 September 2006. URL besoek op 2 Maart 2007.
Jobs en verskeie Apple-werknemers, insluitend Jef Raskin het Xerox PARC in Desember 1979 besoek om die Xerox Alto te besigtig. Xerox het die Apple-ingenieurs drie dae toegang tot die PARC-fasiliteite gegee in ruil vir die opsie om 100 000 aandele (800 000 gesplete-aangepaste aandele) van Apple teen die voornoteringsprys van $10 per aandeel te koop. Jobs was onmiddellik daarvan oortuig dat alle toekomstige rekenaars ’n grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) sou gebruik en die ontwikkeling van ’n GGK vir die Apple Lisa het begin.
Toe Apple genoteer is, het dit meer kapitaal gegenereer as enige beursbekendstelling sedert die Ford Motormaatskappy in 1956 en het dit oombliklik meer miljoenêrs (ongeveer 300) as enige ander maatskappy in die geskiedenis geskep. Infinite Loop Michale S. Malone
1981–1985: Lisa en Macintosh duimnael|Die eerste Macintosh 128K, vrygestel in 1984Uitstalling in die Google-kantoor in New York Steve Jobs het in 1978 begin werk aan die Apple Lisa maar in 1982 is hy weens binnegevegte in die Lisaspan laat gaan en het hy Jef Raskin se laekoste-rekenaarprojek, die Macintosh oorgeneem. ’n Bendeoorlog het uitgebreek tussen Lisa se “korporatiewe hemde” en Jobs se “seerowers” oor watter produk eerste verskeep gaan word en Apple sou red. Lisa het in 1983 gewen en die eerste persoonlike rekenaar met ’n GGK geword wat aan die publiek verkoop is, maar was ’n kommersiële mislukking weens sy betreklik hoë prys van $9 995 en beperkte beskikbare programmatuur. Hormby, Thomas. ’n Geskiedenis van Apple se Lisa, 1979–1986 , Low End Mac, 6 Oktober 2005. URL besoek op 2 Maart 2007. Slegs sowat 10 000 eenhede is verkoop.