Rietbron is 'n klein dorpie in die Dr Beyers Naudé Munisipaliteit, Oos-Kaapprovinsie, 64 km noordwes van Willowmore en 85 km suidoos van Beaufort-Wes. Die R306-streeksroete verbind Rietbron met dié twee dorpe.

Die dorpie het sy ontstaan te danke aan die gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk wat in 1913 deels van die NG gemeente Beaufort-Wes maar hoofsaaklik van Willowmore se gemeente afgestig is. Dit is 'n boerderysentrum vir 'n streek waarin daar hoofsaaklik met angoras geboer word.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika NG gemeente Rietbron

Verwysings

Bron Potgieter, D.J. (hoofred.) Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Kaapstad: Nassou Beperk.

Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap