duimnael|Uitsig oor Birkhall
Birkhall (van die Skotse Birk Haugh, Berkeboom-rivierweiland) is ’n koninklike landgoed van 210 km² op Royal Deeside in Aberdeenshire, Skotland.
Die herehuis op die landgoed is in 1715 gebou en het aan die Gordon-familie behoort. In 1849 het prins Albert, die prinsgemaal van koningin Victoria, dit gekoop. Dit het in 1930 die Deeside-tuiste van koningin Elizabeth, die koninginmoeder, geword en later van Charles III. Hy het sy tweede wittebrood hier deurgebring.
Verwysings 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Geboue en strukture in Skotland Kategorie:Koninklike wonings in die Verenigde Koninkryk