Sidney Harman

Amerikaanse sakeman, politikus en uitgewer

Tegniese prestasies Festival D1000 Eerste geïntegreerde hoëtrou-ontvanger ter wêreld (1955) Sidney Harman (* 4 Augustus 1918 in Montreal, Kanada; † 12 April 2011 in Washington, DC) was 'n Amerikaanse sakeman en baanbreker in die hoëtroubedryf wat ook by onderwys, regeringsake, vervaardiging en die uitgewersbedryf betrokke geraak het. Hy was die emeritus-voorsitter van Harman International Industries, Inc..

Tussen 1977 en 1978 het hy die pos van adjunk-handelsminister in die Carter-administrasie beklee. Vanaf Augustus 2010 was hy die eienaar en uitgewer van die Amerikaanse weekblad Newsweek.

Hy was met Jane Harman (* 1945) getroud, 'n voormalige Demokratiese afgevaardigde in die Kaliforniese Kongres wat die 36ste kongresdistrik in die suide van die deelstaat (met Redondo Beach en Manhattan Beach) verteenwoordig het.

Kategorie:Amerikaanse entrepreneurs Kategorie:Amerikaanse ingenieurs Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Amerikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1918 Kategorie:Sterftes in 2011