Oubergpas is 'n bergpas in die Roggeveldberge wat op 'n grondpad ten noorde van Sutherland lê. Die pas bereik 'n hoogte van 1 402 m bo seespieël en 'n maksimum helling van 1:6.Ouberg Pass, mountainpassessouthafrica.co.za Die pas bestaan uit talle kurwes, en styg meer as 800 m oor 'n afstand van 10 km. 'n Uitkykpunt lewer uitsigte oor die omgewing. Die bergpas bestyg 'n platorand wat uit Permiese sedimentêre gesteentes bestaan,South African Lagerstätte reveals middle Permian Gondwanan lakeshore ecosystem, Prevec et al., 2022 wat soos elders in die bergreeks tot die Ecca- en Beaufortgroepe behoort.
Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika
Bronne
Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap