Peerboomskloofpas is 'n bergpas in die Wes-Kaap wat op 'n grondpad in die Koue Bokkeveld lê. Die pad verbind die R355 en R303-streeksroetes en is noordoos van Ceres geleë. Dit het 'n maksimum helling van 1:11 en bereik sy hoogtepunt op 792m bo seevlak. Skitterykloof, Skitterypas en Peerboomskloofpas is blykbaar name vir dieselfde pas.
Bibliografie Buite. Die Burger, 11 Junie 2013.
Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika
Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap