Vir ’n artikel oor die krai met dieselfde naam, sien Stawropol-krai.

Stawropol (Russies: Ста́врополь) is ’n stad in Rusland en die hoofstad van die federale deelgebied Stawropol-krai. Die bevolking in 2014 was 419 816.

Dit is in 1777 ná die Russies-Turkse Oorlog van 1768–1774 gestig as ’n militêre kamp en het in 1785 ’n stad geword. Die staatsman prins Grigori Potjomkin het ’n groot rol gespeel in die stigting van die stad. Die Don-Kosakke het hulle daarna in en om die stad gevestig om die grense van die Russiese Ryk te verdedig.stavropol-gorod

Tsaar Aleksander I het verskeie Armeense gesinne in 1809 genooi om by die fort te gaan woon om handel in die gebied te bevorder. Die stad is in 1935 hernoem tot Worosjilofsk, maar het sy ou naam in 1943 teruggekry.

Die eerste en enigste uitvoerende president van die Sowjetunie, Michail Gorbatsjof, is in Stawropol-krai gebore en het ’n paar jaar lank in Stawropol gewerk as hoof van die krai se administrasie.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste Foto's

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Nedersettings in Rusland