Ewdokija Dmitrijewna (Russies: Евдокия Дмитриевна), later Jefrosinija (Евфросиния) (1353–1407), was ’n groothertogin van Rusland. Sy was die dogter van Iwan I van Moskou en die vrou van Dmitri Donskoi.
Sy is op 18 Januarie 1367 met grootprins Dmitri Donskoi getroud en hulle het minstens 12 kinders gehad. Ná haar man se dood het Ewdokija bekend geraak vir haar vroom lewe. Sy het glo ook die mag gehad om mense gesond te maak. In 1393 het sy die Kerk van die Geboorte van die Teotokos (Gods Moeder) gestig. Vier jaar later het sy die Hemelvaart-klooster langs die Frolofskaja (Spasskaja)-toring van die Moskouse Kremlin laat bou. Sy was later die eerste Moskouse adellike wat ’n non geword het. Sy het die naam Jefrosinija aangeneem en in die Hemelvaart-klooster gebly tot met haar dood in 1407. Die Russies-Ortodokse Kerk het haar tot heilige verklaar.
Sien ook Lys van Russiese heiliges
Eksterne skakels Ewdokija in "Medieval lands" deur Charles Cawley. 20px Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia
Kategorie:Geboortes in 1353 Kategorie:Russiese heiliges Kategorie:Sterftes in 1407