Die Suider-Afrikaanse wildekat (Felis lybica cafra) is 'n wildekatsubspesie wat in Suider- en Oos-Afrika woon.www.nic.funet.fi In 2007 is dit voorlopig erken as 'n aparte subspesies op grond van genetiese ontleding. Morfologiese bewyse dui daarop dat die skeiding tussen die Afrikawildekat-subspesies in Afrika plaasgevind het in die gebiede van Tanzanië en Mosambiek.
Dit staan ook bekend as die "boskat".
Fisieke eienskappe Die liggaam van die Suider-Afrikaanse wildekat het vertikale strepe, en dit kan wissel van dof tot redelik afgemerk. Die stert is met swart omring en het 'n swart punt. Die ken en keel is wit en die bors is gewoonlik ligter as die res van die liggaam. Die pote is pikswart onder. Daar is twee kleurfases: steengrys met swart en witterige spikkels, en kaneelbruin met minder swart en meer vaalgeel spikkels. In voorkoms is dit baie soortgelyk aan 'n huiskat, hoewel die bene proporsioneel langer is. Die mees onderskeibare kenmerk is die ryk rooibruin kleur op die agterkant van die ore, oor die maag en op die agterpote. Die liggaamslengte is 46-66,5 cm met 'n stert van 25-36 cm lank; die sogenaamde boskat kan 'n gewig bereik van 2,4-5,5 kg.
Verspreiding en habitat Die Suider-Afrikaanse wildekat kom wydverspreid voor in Afrika, suid van die ewenaar, maar kom nie langs die Namibiese kus nie. Dit kom in 'n wye reeks habitatte voor wat matige skuiling bied.
Ekologie en gedrag Suider-Afrikaanse wildekatte is hoofsaaklik naglewend en soek bedags skuiling om te rus. Hulle is gewoonlik alleenlopend, behalwe in die geval van paring en die grootmaak van hul kleintjies, en hulle is hoogs territoriaal. Hulle is aanpasbare roofdiere, en verkies om klein knaagdiere te jag, maar kan hul dieet verander volgens seisoenale en langertermyn-prooi-oorvloed en beskikbaarheid; daar is waargeneem dat hulle op ander klein soogdiere, voëls, reptiele, amfibieë, insekte en ander ongewerweldes prooi.https://zslpublications.onlinelibrary.wiley.com/doi/epdf/10.1111/j.1469-7998.2009.00679.x Die mees aangetekende prooi sluit in hase, springhase en groter voëls soos tarentale.
duimnael|Lydekker - Caffre Cat - 1896 Lloyd's Natural History: "A hand-book to the Carnivora. Part 1, Cats, civets, and mungoose" by Richard Lydekker
Bedreiging Die grootste bedreiging vir die oorlewing van die Suider-Afrikaanse wildekat is die neiging om met huiskatte naby menslike wonings te kruisteel. Ander bedreigings sluit in vervolging deur jagters en boere, sowel as habitatverlies. duimnael|'n Wildekat teen sononder. Let op die kaneel kleur op die maag, wit op die ken en die pikswart pote. duimnael|Felis lybica cafra van naby. Duidelike bande oor die voorbene en bors, 'n kaneelkleurige maag en wit onder die ken.
Verwysings
Bronnelys Don E. Wilson & DeeAnn M. Reeder (redakteurs). 2005. Mammal Species of the World. A Taxonomic and Geographic Reference. 3de uitgawe.
Eksterne skakels
NCBI Arctos Specimen Database
Kategorie:Katagtiges Kategorie:Felidae