Die Sonvisse (Molidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Tetraodontiformes. Daar is drie genera met vier of vyf spesies wat hoort tot dié familie en vier van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke Die familie se lywe is lank ovaalvormig en lyk asof die agterkant stomp-af gesny is. Daar is nie werklik 'n stertvin nie. Die dorsale en anale vinne is lank en smal en daar is geen bekken vinne nie. Die grootte wissel van 80 cm tot 3 m. Hulle kom gewoonlik in die oop see voor, ver van land. Hulle eet hoofsaaklik planltonies jellievisse en ander see diertjies. Hulle verkies warmer waters.
Genus Die volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Mola Mola mola - Sonvis Mola ramsayi - Suidelike sonvis
Ander genera wat tot die familie hoort is: Masturus Masturus lanceolatus - Skerpstert-sonvis
Ranzania Ranzania laevis - Rompvis
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakels
Inligting oor Molidae op FishBase.org The Open Ocean MarineBio.org. Opgedateer: 28 Augustus 2011.
Kategorie:Beenvisse