Die Nooientjievisse (Pomacentridae) is 'n visfamilie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is nege-en-twintig genera met driehonderd-en-vyftig spesies wat hoort tot dié familie en vyftig van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die familie se lywe is bedek met klein skubbe en die grootte wissel van 7 – 30 cm. Die meeste van die genera verkies om in koraal- en rotsriwwe te leef. Die familie kan in drie groepe verdeel word volgens vreetgewoontes:

omnivore - die genera Abudefduf en Pomacentrus wat hoofsaaklik soöplankton, alge en skaaldiere vreet. herbivore - die genera Plectroglyphidodon en Stegastes wat slegs sekere alge vreet. planktivore - die genera Chromis en Dascyllus wat slegs soöplankton vreet.

By die familie lê die wyfie haar eiers op 'n oop rif, wat dan deur die mannetjie bevrug en opgepas word.

Baie van die visse kan oorleef in akwariums.

Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Abudefduf Abudefduf natalensis - Vierbalk-nooientjie Abudefduf notatus - Donker nooientjie Abudefduf septemfasciatus - Sewebalk-nooientjie Abudefduf sexfasciatus - Streepstert-nooientjie Abudefduf sordidus - Kolnooientjie Abudefduf sparoides - Valsoog-nooientjie Abudefduf vaigiensis - Sersant-majoor

Amphiprion Amphiprion akallopisos - Neusstreep-anemoonvis Amphiprion allardi - Tweestreepanemoonvis

Chromis Chromis analis - Geelchromis Chromis dasygenys - Blouspikkel-chromis Chromis dimidiata - Sjokoladedoop Chromis lepidolepis - Bruinchromis Chromis nigrura - Swartstert-chromis Chromis opercularis - Dubbelbalk-chromis Chromis ternatensis - Goue chromis Chromis viridis - Blougroenchromis Chromis weberi - Donkerbalk-chromis

Chrysiptera Chrysiptera brownriggii - Bloulint-nooientjie Chrysiptera glauca - Blounooientjie Chrysiptera unimaculata - Eenkol-nooientjie

Dascyllus Dascyllus aruanus - Sebra-humbug Dascyllus carneus - Tweebalk-humbug Dascyllus trimaculatus - Domino

Lepidozygus Lepidozygus tapeinosoma - Rooivlerk-koraalnooi

Neopomacentrus Neopomacentrus cyanomos - Halfmaan-nooientjie

Plectroglyphidodon Plectroglyphidodon dickii - Smalbalk-nooientjie Plectroglyphidodon johnstonianus - Breëbalk-nooientjie Plectroglyphidodon lacrymatus - Juweel-nooientjie Plectroglyphidodon leucozonus - Gordel-nooientjie Plectroglyphidodon phoenixensis - Phoenix-nooientjie

Pomacentrus Pomacentrus caeruleus - Bloupiet Pomacentrus pavo - Saffier-nooientjie Pomacentrus trichrourus - Geelstert-nooientjie

Stegastes Stegastes fasciolatus - Duisternooientjie Stegastes pelicieri - Mauritius-nooientjie

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse