duimnael|300px|Verspreiding van Afrikaans en Nederlands

Afrikaans is 'n dogtertaal van Nederlands en anders as Vlaams en Surinaamse Nederlands, is dit 'n aparte taal, in stede van 'n dialek.

Aangesien 'n geskatte 90 tot 95% van Afrikaans se woordeskat van Nederlandse oorsprong is, is daar weinig leksikale verskille tussen die twee tale. Afrikaans het egter 'n aansienlik meer eenvoudige morfologie, grammatika en stel spelreëls. Daar is 'n graad van onderlinge verstaanbaarheid tussen die twee tale, veral in die geskrewe vorm.

Afrikaans het sekere leksikale en sintaktiese verlenings van ander tale soos Maleis, Khoisan-tale, Portugees, Ngunitale en tot 'n mindere mate, Frans bekom. Afrikaans is ook beduidend deur Suid-Afrikaanse Engels beïnvloed. Nietemin het Nederlandse sprekers met minder nie-kognate te doen wanneer hulle na Afrikaans luister. Wedersydse verstaanbaarheid is dus redelik asimmetries, aangesien dit makliker vir Nederlandstaliges is om Afrikaans te verstaan as anders om. Navorsing suggereer dat wedersydse verstaanbaarheid tussen Nederlands en Afrikaans beter is as tussen Nederlands en Wes-Fries, of tussen Deens en Sweeds.

Ortografiese verskille duimnael|Die Nederlandse Taalmonument te Burgersdorp, Suid-Afrika. duimnael|Die Afrikaanse Taalmonument te Paarl, Suid-Afrika. Ortografiese verskille tussen Nederlands en Afrikaans is meestal weens die fonetiese ontwikkelings en spelreëlvereenvoudigings van Afrikaans, en die meer konserwatiewe karakter van die moderne Nederlandse ortografie.

Spellingsverskille Die spellingsverskille tussen Afrikaans en Nederlands is hoofsaaklik die gevolg van evolusies in die fonetiese spelling en die doelbewuste vereenvoudiging van spelreëls in Afrikaans. Daarenteen was die onlangse verandering in die moderne Nederlandse spelreëls meer konserwatief van aard.

Die eerste spellingsverskille ontstaan in 1905 met die invoering van die Vereenvoudigde Nederlandse Spelling in Suid-Afrika. Hierdie spelling is grotendeels op die voorstelle van die taalkundige R.A. Kollewijn gebaseer. Hy het in 1891 in sy artikel Onze lastige spelling, met verskeie voorgestelde spelreël-vereenvoudigings vorendag gekom.

In 1917 word die eerste grondbeginsels vir Afrikaans deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap, Lettere en Kuns vasgelê. Hierdie grondbeginsels is vasgestel om 'n leidraad te vorm vir die verdere ontwikkeling van 'n Afrikaanse spelwyse:

Vereenvoudigings in die Afrikaanse spelwyse Die Nederlandse digraaf <ij> is in Afrikaans na <y> verander, alhoewel die uitspraak steeds is. 'n Voorbeeld is "prijs", wat "prys" in Afrikaans gespel word. Nederlandse woorde wat in <lijk> eindig, eindig in <lik> in Afrikaans, en nie <lyk> nie. Ter voorbeeld, "lelijk" in Nederlands word "lelik" in Afrikaans. In beide tale word hierdie agtervoegsel as uitgespreek, met 'n schwa. Afrikaans gebruik <k> vir die harde <c> in Nederlands, in albei gevalle as uitgespreek. Vergelyk die Nederlandse spelling "cultuur" met die Afrikaans, "kultuur". Voor die groot Nederlandse spellinghervorming in die 1990's, was laasgenoemde spelling ook in Nederlands aanvaarbaar. Afrikaans het die Nederlandse trigrawe <tie> en <cie> na 'n enkele spelling van <sie> saamgesmelt. Behalwe vir <tie>, wat in Nederlands uitgespreek word, is daar geen verskille in uitspraak nie. Vergelyk die Nederlandse woorde "provincie" en "politie" met "provinsie" en "polisie" in Afrikaans. Die Nederlandse greep <tion> word <sion> in Afrikaans. Vergelyk "nationaal" met "nasionaal". Die uitspraak verskil van plek tot plek, en sluit , , en in. Afrikaans het die Nederlandse trigrawe <ou>, <ouw>, <au> en <auw> – wat almal dieselfde uitspraak in Nederlands het – na 'n enkele spelling <ou> saamgesmelt. Vergelyk Nederlands se "vrouw" en "dauw" met "vrou" en "dou" in Afrikaans. Aan die einde van woorde het Afrikaans gereeld die <n> in die Nederlandse greep <en> verwyder, wat veral in enkel- en meervoudige saamgestelde naamwoorde voorkom, om slegs <e> daar te laat. Vergelyk Nederlands se "leven" en "mensen" met "lewe" en "mense" in Afrikaans.

Foneties geïnduseerde spellingsverskille 150px|duimnael|Die uitspraak van Huis. 150px|duimnael|Die uitspraak van Muis. 150px|duimnael|Die uitspraak van IJs of Ys. 150px|duimnael|Die uitspraak van brengen of gebring. Afrikaans maak gereeld gebruik van vereenvoudigde medeklinkers, terwyl in Nederlands nog die oorspronklike vorme aanwesig is.

Afrikaans het die Nederlandse medeklinkers <z> en <s> saamgevoeg tot een klank: , gespel as <s>. Nederlandse "zorg" word op hierdie manier "sorg" in Afrikaans. Indien die Nederlandse letters <v> en<w> in die middel van woorde geplaas word, word hierdie letters saamgevoeg as die klank en konsekwent omgeskakel na die spelling <w>. Vergelyk die Nederlandse "haven" met Afrikaans se "hawe", alhoewel beide woorde as uitgespreek word. Afrikaans voeg die Nederlandse frikatief <ch> en <g> saam tot die klank , gespel as <g>, behalwe as dit voorafgegaan word deur die letter <s>. In daardie geval word <sk> gebruik. 'n Vergelykbare fonetiese evolusie is te vinde in Noord-Nederland, waar die klanke ook saamgevoeg word tot of , hoewel die spellingsverskil daar behou is. In Vlaandere and Suriname het die fonetiese onderskeid tussen <ch> en <g> egter bewaar gebly. Die eerste lettergreep spel mens in Afrikaans <sk> (uitgespreek as ), terwyl Nederlands <sch> (uitgespreek as of ) gebruik: vergelyk die Nederlandse "school" met Afrikaans se "skool". In sommige Nederlandse dialekte, veral in Wes-Vlaams, word wel dieselfde <sk>-klank ook gebruik. Aan die einde van die woorde word die Nederlandse lettergroepe <cht> en <st> in Afrikaans vereenvoudig tot <g> en <s> respektiewelik. Vergelyk Nederlands se "lucht" (uitgespreek as ) en "dienst" (uitgespreek as ) met "lug" (uitgespreek as ) en "diens" (uitgespreek as ) in Afrikaans. Tussen twee klinkers word in Afrikaans die Nederlandse letters <g> en <v> weggelaat. Vergelyk Nederlands se "hoger" en "regen" met Afrikaans se "hoër" en "reën", waar die tweede klinker 'n deelteken ontvang om aan te dui dat die twee naasstaande klinkers afsonderlik uitgespreek moet word, en nie met die digrawe <oe> en <ee> verwar moet word nie. Soms word ook die Nederlandse medeklinker <g> aan die einde van Afrikaanse woorde weggelaat, waardeur die voorgaande klinker aan die einde van die woord staan. In so 'n geval word hierdie laaste klinker met 'n kappie geskryf. Byvoorbeeld, die Nederlandse woord "zeg" (uitgespreek as ) word in Afrikaans verander na "sê" (uitgespreek as ). Afrikaans maak veel gebruik van die kappie op klinkers: <ê>, <ô>, <û>. Dit in teenstelling tot Nederlands, waar die gebruik daarvan veral beperk word tot Franse leenwoorde. 'n Kappie word in Afrikaans bo 'n klinker in 'n oop lettergreep gebruik. Die klank word vervolgens uitgespreek gebruikmakend van 'n lang monotone uitspraak, soos /eː/ of /ɛː/, /ɔː/ en /œː/, terwyl die klinkers sonder 'n kappie respektiewelik as /eə/, /oə/ en /y/ uitgespreek word. Voorbeelde is die Afrikaanse "wêreld" (Nederlands "wereld"), "môre" (Nederlands "morgen"), en "brûe" (Nederlands "bruggen"). By verkleinwoorde gebruik Afrikaans <tjie> (uitgespreek as ), terwyl Standaardnederlands gebruik maak van <tje> (uitgespreek as ). In België en Suid-Nederland word die verkleinwoord wel ook as uitgespreek.

Fonetiese verskille Die uitspraak van Afrikaans stem die meeste ooreen met dialekte uit die Nederlandse provinsie Zuid-Holland, in besondere die dialek wat rondom die Zoetermeer gepraat word.

Aan die begin van Afrikaanse woorde, is die in Nederlands uitgesproke saamgevoeg met die skaars uitgesproke , soos in "ver", wat in Afrikaans as en in Standaardnederlands as uitgespreek word. Ook het Afrikaans die in Nederlands uitgesproke met die uitgesproke saamgevoeg, soos in "werk". Dit word in Afrikaans uitgespreek as ; in België en Suriname as en in Nederland as .

Grammatikale verskille Grammatikale verskille tussen Afrikaans en Nederlands vorm waarskynlik die grootste verskille tussen die twee tale.

Geslag Afrikaans ken, in teenstelling tot Nederlands, geen grammatikale geslag nie. As gevolg daarvan het Afrikaans slegs een bepaalde lidwoord, "die", terwyl Nederlands twee bepaalde lidwoorde het ("de" vir manlike en vroulike woorde, en "het" vir onsydige woorde). Die manlike en die vroulike geslag word in die geskrewe Nederlands nie meer onderskei nie, maar die gesproke Vlaams ken nog altyd drie bepaalde lidwoorde: "den" vir manlike, "de" vir vroulike, en "het" vir onsydige woorde.

Werkwoorde By Afrikaanse werkwoorde word dikwels dieselfde vorm gebruik vir die infinitief sowel as die teenwoordige tyd en werkwoorde word in Afrikaans nie verbuig nie. Van alle werkwoorde het slegs "wees" en "hê" 'n persoonsvorm in die teenwoordige tyd wat anders as die infinitief is, naamlik "is" en "het".

+ Werkwoordverbuigings Afrikaans Nederlandsek is ik benjy/u is jij/u benthy/sy/dit is hij/zij/het isons/julle/hulle is wij/jullie/zij zijn

Die verlede tyd Afrikaans maak geen gebruik van die onvoltooide verlede tyd nie (behalwe vir 'n aantal uitsonderings) en gebruik hiervoor afhangende van die konteks, die teenwoordige tyd of die voltooide verlede tyd.

Die gevolg is dat Nederlandse literatuur moeiliker verstaanbaar vir Afrikaanse lesers is, aangesien hulle selde die Nederlandse onvoltooide verlede tyd (die sogenaamde imperfek) herken. En die imperfek is die tyd waarin die meeste Nederlandse literêre tekste geskryf word. In Afrikaans is die normale verteltyd die historiese presens, omdat die "het ge-" van die voltooide verlede tyd so lomp is.Valse vriende — die gevaarlike avontuur van vertaal uit Nederlands Geraadpleeg op 13 Desember 2011

+ Die verlede tyd in Afrikaans en Nederlands Afrikaans Nederlands Verlede tyd Verlede tyd Onvoltooide verlede tyd

Hier volg die uitsonderings van onvoltooide verlede tyd in Afrikaans, en in die tabel daaronder 'n paar verklarende voorbeelde:

is word was wil word wou het word had sal word sou kan word kon moet word moes mag word mog dink word dag of dog weet word wis (aan die uitsterf; gelyk aan 'het geweet', byvoorbeeld "As jy wis hoeveel geld hy het, sou jy hom nie jammer kry nie") (Woubrugge 1989) Colloquium Neerlandicum 10. Handelingen Tiende Colloquium Neerlandicum. Colloquium van docenten in de neerlandistiek aan buitenlandse universiteiten. Internationale Vereniging voor Neerlandistiek.

Afrikaans Nederlands Onvoltooide Verlede tyd Verlede tyd Onvoltooide verlede tyd Verlede tyd

In die voltooide verlede tyd word in Afrikaans slegs 'het' (Nederlands: 'hebben') as hulpwerkwoord gebruik, behalwe in die geval van 'wees' (Nederlands: 'wezen', 'zijn'), waar die hulpwerkwoord 'is' gebruik word. In teenstelling word in Nederlands 'zijn', en sy verbuigings, meermale as hulpwerkwoord benut. Dit is die geval vir Nederlandse werkwoorde wat 'n proses (en nie 'n aksie nie) uitdruk, soos "het ijs smelt -> het ijs is gesmolten" en ook vir werkwoorde wat 'n gerigte beweging uitdruk: "ik loop naar huis -> ik ben naar huis gelopen" Wees word in Afrikaans basies net vir die lydende vorm gebruik. Zijn as werkwoord het basies in Afrikaans uitgesterf, behalwe in "samesyn" (saamwees), soos in geselskap tussen vriende en die deelwoord "synde".

+ Verskille t.o.v hulpwerkwoorde Afrikaans Nederlands Hy het gedoen. Hij heeft gedaan. Hy het gekom. Hij is gekomen. Hy is gewees. Hij is geweest.

Die verlede tyd van die lydende vorm gebruik in Afrikaans "is" in plaas van "werd". "Hy is geroep" <> "Hij werd geroepen" (onvoltooide tyd) "Hij is geroepen" (voltooide tyd) "Die geskenk is gegee" <> "Het geschenk werd gegeven" (onvoltooide tyd) "Het geschenk is gegeven" (voltooide tyd)

Voornaamwoorde Afrikaans maak by die meervoudsvorme van die persoonlike voornaamwoord geen verskil tussen die onderwerp en voorwerp (in beide akkusatief en datief) nie.

Dus is die Nederlandse persoonlike voornaamwoorde "wij" en "ons" in Afrikaans slegs "ons".