duimnael|260px|regs|Die versamel van eiers was vroeër 'n belangrike deel van ornitologie.

Ornitologie is 'n tak van dierkunde wat voëls bestudeer. Die woord is afgelei vanaf Grieks: ὄρνις of ὄρνιθος, ornis of ornithos, "voël"; en λόγος, logos, "kennis". Dit behels die klassifikasie van verskillende voëls, waarneming van gedrag, trekgewoontes, geluide en vliegwyses.

'n Ornitoloog is dus 'n voëlkenner.

Bekende ornitoloë Karel Lucien Bonaparte, Franse ornitoloog wat talle spesies beskryf het. John Gould, wat die voëls van Australië bestudeer het. Francois le Vaillant, wat die Kaap in die 18de eeu besoek en verken het. O.P.M. Prozesky, voëlkundige by die Transvaal Museum Phil Hockey, onder meer die medeskrywer van Sasol Voëls van Suider-Afrika. Austin Roberts, die boek Roberts' Birds of Southern Africa dra sy naam.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name