duimnael|300px|Fossiele van visse wat in die Amerikaanse deelstaat Wyoming gevind is.

Igtiologie is die wetenskap wat gemoeid is met die studie van visse. Die woord is afgelei van Grieks: ἰχθύς, ikhthus, "vis"; en λόγος, logos, "leer of studie".

'n Igtioloog is dus 'n viskenner.

Meer as 32 000 vissoorte is al beskryf. Dit is meer as die soorte reptiele, amfibieë, voëls en soogdiere saam.

Suid-Afrikaanse igtioloë Een van Suid-Afrika se bekendste igtioloë is prof. James Smith wat die selakant geïdentifiseer en geklassifiseer het. Ander is Phil Heemstra, wat in Suid-Afrikaanse seevisse spesialiseer, en Paul Skelton, wat in Afrika se varswatervissse spesialiseer.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Eksterne skakels