Chester Mornay Williams (8 Augustus 1970 – 6 September 2019) was 'n Springbokrugbyspeler en die eerste gekleurde speler van Suid-Afrika wat 'n Wêreldbeker kon wen nadat hy deel was van die 1995-span.

Williams het in 1991–1998 vir die Westelike Provinsie en in 1999 vir die Goue Leeus in die Curriebeker gespeel.

Williams is op 6 September 2019 in die ouderdom van 49 oorlede, vermoedelik aan 'n hartaanval.

Bronne

30 Super Springboks. Paul Dobson. 1995.

Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cats rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1970 Kategorie:Sterftes in 2019 Kategorie:Rugbyafrigters Kategorie:Lions rugbyspelers