Die Boerkabeljou (Argyrosomus japonicus) is deel van die Sciaenidae-familie en kom reg rondom die kus van Suid-Afrika en ook in Australië voor. Die boerkabeljou is groter as die kabeljou en is 'n gesogte eetvis. In Engels staan die vis bekend as die Dusky kob.
Voorkoms Die vis is silwer van kleur met 'n pienk skynsel op die rug. Kenmerkend is die ry pêrelagtige wit kolle op die sye. Die gemiddelde grootte boerkabeljou wat gevang word is 15 kg, maar die boerkabeljou kan tot 75 kg swaar word.
Gewoontes Die vis word hoofsaaklik in seebranders en riviermondings aangetref. Die volwassenes skiet kuit op aflandige riwwe. Die vis jag saam in skole en migreer in die winter na die kusgebied van KwaZulu-Natal om kuit te skiet. Hulle vreet hoofsaaklik kleiner visse, tjokka, pylinkvis en skaaldiere.
Oorbevissing van die vis deur kommersiële en ontspanningshengelaars het sy getalle drasties laat verminder. * The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronne Top Angling Fishes of Southern Africa. Hennie Crous. 2010. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.
Verwysings
Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Argyrosomus-japonicus.html
Kategorie:Beenvisse