Die Kerk van Siprus (Grieks: Ἐκκλησία τῆς Κύπρου, Ekklisía tîs Kýprou, Turks: Kıbrıs Kilisesi) is ’n outokefale Oosters-Ortodokse Kerk in Siprus. Dit is in volle gemeenskap met die ander Oosters-Ortodokse kerke. Die primaat van die kerk is die biskop van die antieke hoofstad Salamis en het die titel Aartsbiskop van Nieu-Justiniana en die hele Siprus.
Die Kerk van Siprus het in 431 sy outokefalie gekry van die Patriargaat van Antiogië en die Hele Ooste en is dus een van die oudste outokefale Oosters-Ortodokse kerke.
Eksterne skakels Amptelike webtuiste
Siprus Kategorie:Siprus