Netnou hoor die kinders is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1977 uitgereik is. Franz Marx was die regisseur en vervaardiger. Dit is die laaste fliek waarin Gé Korsten verskyn het.

Genre Die rolprent is 'n gruwelrolprent. Dit dra 'n ouderdomsperk van 13-jaar. Ouerleiding word aanbeveel.

Hoofrolspelers Rika Sennett Magda Beukes Wilna Snyman Hermien Dommisse Helena Spring as Karlien Gé Korsten as Marcel en andere.

Storielyn Karlien en haar pa, Marcel beplan ‘n skynmoord op hom om die reaksie van die res van die familie te toets. Op 'n onweersnag knip Karlien die foonlyne, sluit die hekke en begin met die uitvoering van die plan. Die skynmoord is so realisties dat almal dit aanvaar. Skielik sak vrees op die sewe vroue in die moordhuis toe. Elkeen weet dat sy nie skuldig is nie, maar aanvaar dat een van die ander vroue die moordenares is.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Gruwelrolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente