duimnael|300px|Die klimaatberaad van 2010 in Meksiko. duimnael|300px|Van links na regs: VN se Sekretaris-generaal Ban Ki-moon, President van Suid-Afrika Jacob Zuma, president van die konferensie Maite Nkoana-Mashabane en UNFCC adjunk uitvoerende sekretaris Richard Kinley tydens die 2011 Verenigde Nasies se Klimaatberaad in Durban.
Die 2011 Verenigde Nasies se Klimaatberaad is in Durban, Suid-Afrika, vanaf 28 November tot 9 Desember 2011 aangebied.http://unfccc.int/meetings/unfccc_calendar/items/2655.php
Die konferensie staan amptelik bekend as die 17de sitting van die Konferensie van die Partye (COP 17) van die Verenigde Nasies se Raamwerk Konvensie oor Klimaatsverandering (UNFCCC) en die 7de sitting van die Konferensie van die Partye wat as die Vergadering van die Partye (CMP 7) van die Kioto-protokol dien. Daarbenewens sal die twee permanente filiale liggame van die UNFCCC – die Filiale Liggaam vir Wetenskaplike en Tegniese Advies (SBSTA) en die Filiale Liggaam vir Implementering (SBI) – waarskynlik hul 35ste sittings aanbied.
Een hooffokus van die konferensie was om 'n wêreldwye klimaatooreenkoms daar te stel, soos die Kioto-protokol se eerste verbintenistydperk (2008–2012) sy einde nader.http://www.guardian.co.uk/environment/2010/dec/14/cancun-climate-change-compromise-carrington Daar sal na verwagting ook gefokus word op "die finalisering van ten minste sommige van die Cancun-ooreenkomste", wat by die 2010-konferensie bereik is, soos "die samewerking op skoon tegnologie", sowel as "die beskerming van woude, die aanpassing op klimaatsimpakte, en finansies – die beloofde oordrag van fondse van die ryk lande na arm lande om hul te help om hul woude te beskerm, aan te pas by klimaatsimpakte, en hul ekonomieë meer "groen" te maak"."Durban: A summit of small steps?", BBC, 31 Oktober 2011
Voor die aanvang van die beraad Aanwysing van gasheerstad Connie Hedegaard, president van die 15de konferensie van lidlande van die VN-raamwerkkonvensie oor klimaatsverandering in Kopenhagen, het bevestig dat die 17de saamtrek van lidlande (die sogenaamde COP17) in Suid-Afrika plaasvind.
In 2010 het die keuse as gasheerstad vir die grootste VN-klimaatskonferensie op Durban geval. Kaapstad en Durban was die voorlopers om dié konferensie aan te bied – glo op grond van tegniese aspekte. Die ander stad wat hiervoor gebie het, is Johannesburg. ’n Afvaardiging van die VN, wat Kaapstad einde Oktober sou besoek, maar dit op die nippertjie uitgestel het, het toe nooit ’n terreinbesoek gedoen nie. Aan al die bodstede is gesê ’n terreinbesoek sou volg.
Nuwe voorstelle 'n Maand voor die konferensie begin het, het die BBC twee omstrede voorstelle uitgelig wat ingedien is, die een deur Rusland, die ander een deur Papoea-Nieu-Guinee. Beide se voorstelle is daarop gemik om die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering te wysig. Rusland se voorstel"Proposal from the Russian Federation to amend article 4, paragraph 2 (f), of the Convention" bring 'n "periodieke hersiening" mee, waarvolgens lande wat tans as "arm" gekategoriseer kan word as "ryk" herkategoriseer kan word, wat sal beteken dat hierdie lande groter verpligtinge sal moet nakom in die stryd teen klimaatverandering. BBC Environment se woordvoerder, Richard Black, het opgemerk dat die voorstel "uitdagend en plofbaar sou wees as Rusland dit te ver voer", omrede potensieel geaffekteerde lande, soos China en Brasilië, "baie sterk teruggedruk sal word". Papoea-Nieu-Guinee se voorstel,"Proposal from Papua New Guinea and Mexico to amend Articles 7 and 18 of the Convention" wat deur ambassadeur Kevin Conrad met die ondersteuning van Mexiko ingedien is, sou 'n "laaste uitweg"-meganisme bekendstel waar enige blokkering in klimaatsveranderingonderhandelings uitgeskakel sal word deur middel van 'n driekwart meerderheid stemme. Oënskynlik sal dit die besluitnemings by die Konvensie vergemaklik. Teoreties, so voer Black aan, stel dit ontwikkelende lande in staat om hul getalsoorwig te gebruik om enige soort wêreldwye bindende verpligting aan te neem, maar in praktyk is hulle steeds van die goedkeuring van die ryk lande afhanklik as hul van befondsing verseker wil wees.
Voorspellings Friends of the Earth International (FoEI) en die WWF (Wêreldnatuurlewefonds) voorspel dat die klimaatberaad 'n mislukkig gaan wees. FoEI het gewaarsku COP17 – wat veronderstel is om geskiedenis te maak en ’n nuwe klimaatooreenkoms (in die plek van die Kioto-verdrag) daar te stel – kan weens “hebsug en eng eiebelang” van lande soos Amerika, Japan en Kanada, heeltemal ontspoor. Die WWF het gesê ná die vergadering in Panama is dit duidelik dat die klimaatonderhandelinge "in groot moeilikheid" is. Volgens die WWF is geen vooruitgang gemaak in sleutelkwessies nie. Dit sluit in die toekoms van die Kioto-verdrag; lande se bereidwilligheid om kweekhuisgasse drasties te verminder; en finansies (die oordrag van geld aan ontwikkelende lande, soos Suid-Afrika, om by klimaatsverandering aan te pas). Sarah-Jayne Clifton, koördineerder van klimaatgeregtigheid en energie by FoEI, het gesê die stryd teen klimaatsverandering te same met die skep van beter werk, mense se volhoubare voortbestaan en veiliger klimaatomstandighede en dat die regerings nou in die belang van die gewone mense en gemeenskappe moet begin onderhandel en nie in die belang van korporatiewe instellings en die finansiële elite nie.
Die armes (ontwikkelende lande soos Suid-Afrika, Indië, China en Brasilië) vorm hierin ’n verenigde front teen die ontwikkelde lande (hoofsaaklik die Europese Unie) en soek geld om hulle te help oorleef te midde van storms en droogtes. Die ontwikkelde lande het die hef in die hand en steek dikwels ’n stok in die speke van die onderhandelings omdat hulle meen die armes het ook ’n plig om hul kweekhuisgasvrystellings te verminder. Die “arm” lande meen hulle moet nog tyd gegun word (vir die verbranding van olie en steenkool) om tot ’n sekere vlak te ontwikkel. Dit is om hierdie rede dat Minister Edna Molewa, Suid-Afrika se Minister van Omgewingsake, onlangs erken het Suid-Afrika gaan nog vir die volgende agt jaar “erg besoedel” en dan eers sy uitlaatgasse begin verminder. Een van die verwagte uitkomste by COP17 is onderhandelinge tussen partye vir ’n tweede verbintenistydperk van die Kyoto Protokol vanaf 2013 tot 2017 om hul uitlaatgasse met 40% laer as die 1990-vlakke te verminder. Dit sal die gemiddelde temperatuurstyging van die planeet onder twee grade Celsius stabiliseer.
Nog 'n verwagte uitkoms van die beraad is dat 'n Groenfonds gestig sal word om jaarliks sowat VS$100 miljard teen 2020 tot ontwikkelende lande beskikbaar te stel, waarin die Afrika Ontwikkelingsbank 'n sentrale rol sal speel. Dit is egter slegs vier lande, waaronder Suid-Afrika, Tunisië, Marokko en Egipte beskik tans oor die nodige kundigheid, kennis en tegnologie om voordeel uit hierdie Groenfonds te put.
Ondertussen het die Minister van Waterwese en Omgewingsake bekendgemaak dat Suid-Afrika sal mik om sy koolstofvrystellings teen 2020 met 34% te verminder.http://afrikaans.news24.com/Sci-tech/Nuus/Minister-Sny-koolfstofvrystellings-met-34-teen-2020-20110802 Daarna sal dit ’n plato bereik wat 15 jaar lank gehandhaaf sal word. In 2035 sal dit met 42% afneem. Molewa het gesê die bekendstelling van hernieubare energiebronne, soos windkrag, vorder teen 'n bevredigende tempo. Die Minister van Internasionale betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane, het op daardie stadium die versekering gegee dat Suid-Afrika op datum is met die voorbereidings vir die konferensie in November.
Molewa het 'n beroep gedoen dat die 37 rykste lande wat die Kioto-verdrag onderteken het, die kweekhuisgasse wat hulle vrylaat eers moet verminder, voordat daar van die ontwikkelende lande (waaronder Suid-Afrika) verwag kan word om dieselfde te doen. Verder moet ontwikkelde lande onverwyld hul “regverdige deel” bydra sodat ontwikkelende lande nog ekonomies en maatskaplik kan ontwikkel. Dié “regverdige deel” verwys na ontwikkelde lande wat ontwikkelende lande hoofsaaklik geldelik moet bystaan om hul bydrae tot kweekhuisgasse in die atmosfeer te verminder. Dít moet gedoen word met behulp van geld (vir aanpassing by klimaatsverandering), die verskaffing van skoon tegnologie en kundigheid.
Namibiese afgevaardigdes het in Durban verskeie aanbiedinge gedoen, onder meer oor nasionale programme oor aanpassingsprojekte betreffende klimaatverandering (CCA) asook die aanpassingsprojek onder die sogenaamde Country Pilot Partnership-program vir die geïntegreerde onderhoubare bestuur van grond, wat in in 2008 in die Omusatistreek begin het.
Tussen 20 000 en 25 000 afgevaardigdes van 194 regerings en nie-regeringsorganisasies wêreldwyd is in November verwag vir die weeklange vergadering van die VN-konvensie oor klimaatsverandering (UNFCCC)http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/VN-tevrede-met-SA-se-reelings-vir-beraad-20110803 Dit sou minstens R525 miljoen tot die plaaslike ekonomie bydra.
Altesaam 20 000 beddens was in Durban beskikbaar tydens die klimaatberaad. In Augustus 2011 was reeds 2 000 beddens bespreek. Altesaam 2 000 fietse en ’n aantal elektriese motors is ingespan word in ’n poging om die beraad se koolstofvoetspoor te verklein. Die Departement van Omgewingsake het groot bewusmakingsveldtogte oor klimaatsverandering in al die provinsies geloods. Daar is beplan om miljoene bome tot in 2014 oor die land heen, maar veral in Limpopo, aan te plant .
Dr. Debra Roberts, adjunkhoof van die eThekwini-munisipaliteit se departement van omgewingsbeplanning en klimaatbeskerming, het aangevoer dat die plaaslike koolstofvoetspoor vir dié konferensie omtrent 15 000 ton koolstofdioksied sou beloop. Tydens die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi was die koolstofvoetspoor in die stad sowat 300 000 ton koolstofdioksied. Om hierdie klimaatberaad se koolstofvoetspoor te neutraliseer sou die stad die Umbilorivier se ekostelsel rehabiliteer wat strek van Kloof, deur Pinetown en Umbilo tot waar dit in die Durbanse hawe uitmond.
Andrew Steer, die Wêreldbank se spesiale gesant vir klimaatsverandering, het gesê hy verwag nie ’n internasionale deurbraak-ooreenkoms in Desember op die VN se klimaatberaad in Durban nie, maar boublokke vir so ’n ooreenkoms sal aanmekaargesit word. Dis ’n skande dat die landbousektor tot dusver verwaarloos is in klimaatonderhandelinge, sê Steer. Die landbousektor stel kweekhuisgasse vry, maar kan ook ’n groot rol speel in koolstofvaslegging en moet betrek word.
Dr. Artur Runge-Metzger van die Europese Kommissie se direktoraat vir klimaatstrategieë het gesê die Europese Unie (EU) sal op die Verenigde Nasies se COP17-klimaatberaad te Durban hou by sy aanbod om sy koolstofvrystelling teen 2020 met 30% te verminder indien ander lande hulle tot soortgelyke teikens verbind. Vroeër het die regerings van EU-lidlande ingestem om hul vrystellingsvlakke teen 2020 skerper te verlaag – met 30% pleks van 20% – maar slegs indien ’n sterk ooreenkoms bereik kan word wat ander groot vrystellers van kweekhuisgasse tot ’n soortgelyke doelwit verbind. Die EU sê die wêreld kan dalk nie tot ’n vergelyk kom oor ’n bindende klimaatsooreenkoms om die Kioto Protokol voor 2015 te vervang nie. Runge-Metzger bedink dat die debat oor 30% in 2012 weer voortgesit sal word.
Protesoptogte Meer as ’n duisend mense het in September ’n protesoptog gehou in ’n poging om Eskom en Sasol te oorreed om aan Suid-Afrika se span te onttrek wat einde vanjaar op die internasionale klimaatberaad oor koolstofinperkings sou onderhandel. Tristen Taylor van Earthlife Africa, een van die organiseerders van die optog, het gesê Eskom en Sasol is twee van die wêreld se grootste besoedelaars en behoort hulle aan Suid-Afrika se onderhandelingspan te onttrek. Met die kragsentrales Kusile en Medupi in aanbou, is Eskom van plan om in die volgende dekade nog baie meer koolstofdioksied vry te stel.