Barry “Fairy” Heatlie (*25 April 1872 – †19 Augustus 1951)Fairy Heatlie se profiel op Scrum.com was ’n Springbokrubyspeler en Suid-Afrika se vyfde Springbokkaptein. Hy het ook vir Argentinië se nasionale rugbyspan uitgedraf.
In 2009 is hy in die Wêreldrugby Heldesaal vereer vir sy bydrae tot die vroeë ontwikkeling van rugby in Suid-Afrika. Die Springbokke se beroemde groen trui word onder andere aan hom toegeskryf. Gedurende sy tyd in Argentinië het Heatlie as kaptein vir sy klubspan Gimnasia Y Esgrima teen die Gaselle gespeel in ’n wedstryd wat die Gaselle met 11-5 gewen het.
Sien ook Springbokkapteins
Bronne 30 Super Springboks. Paul Dobson. 1995.
Eksterne skakels
Kategorie:Argentynse sportlui Kategorie:Springbokkapteins Kategorie:Geboortes in 1872 Kategorie:Sterftes in 1951