Blanco is 'n dorpie net noordwes van George in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie het ontstaan as Suid-Stasie toe die Montagupas gebou is en is langs die N12 nasionale pad aan die voet van die Outeniekwapas. Vandag is dit bekend vir hops, 'n noodsaaklike bestanddeel van bier, wat hier verbou word.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap