Ordbogen.com (Deens: die woordeboek) is ’n kommersiële aanlynwoordeboek wat deur Ordbogen A/S besit word Ordbogen.com – Danmarks største ordbog. Dansk-engelsk, engelsk-dansk, dansk-tysk, tysk-dansk og dansk almensproglig ordbog en in Odense, Denemarke, gestasioneer is. Dit is veral geskik vir Deenssprekendes en diegene wat die Deense taal bestudeer.

Dit is ’n kommersiële diens wat gebruikers die geleentheid bied om toegang te kry tot die hele Deense standaardwoordeboek, sowel as vertalende woordeboeke vanuit Deens na Engels, Duits, Sweeds, Frans en Spaans. ’n Mens moet betaal om die volledige woordeboeke te gebruik, maar die webwerf laat twee gratis soektogte per dag toe.

Volgens die Alexa Internetrangering is Ordbogen.com die gewildste aanlynwoordeboek in Denemarke in 2005 en ook die uitgebreidste woordeboek met meer as 110 000 trefwoorde in sy Deense woordeboek soos op November 2006. Ordbogen.com is die 141ste gewildste webwerf wat deur Deense internetgebruikers besoek word, soos weergegee in April 2009.

Geskiedenis duimnael|350px|links|Die Ordbogen.com-hoofkwartier in Odense. Den Danske Netordbog (Die Deense Internetwoordeboek) was ’n eenvoudige woordeboekdiens aan Deenssprekendes wat in 2001 by die Aarhus Besigheidskool se Leksikografiesentrum (Deens: Center for Leksikografi) op die been gebring is en het vinnig volgens TDC A/S die gewildste aanlynwoordeboek in Denemarke geword.Erhvervsbladet: Den Danske Netordbog genopstår

In Augustus 2003 was Ordbogen die eerste keer as ’n vertalende woordeboek bekend gestel wat die omskrywings van woorde vanuit Deens na Engels weergee en omgekeerd. Die projek is deur Cool Systems ApS (bekend deesdae as Ordbogen ApS) van stapel gestuur deur Jørgen Rohde se woordeboek uit te gee. Op hierdie stadium was die Deense woordeboek en die vertalende woordeboeke van mekaar geskei wat deur verskillende mense en groepe besit en onderhou is.

Omrede dit oorspronklik deur die Deense Ministerie van Kultuur befonds is, was Den Danske Netordbog weens ’n gebrek aan fondse in Augustus 2005 gesluit. Ordbogen.com het kragte saamgespan met die Aarhus Besigheidskool en uiteindelik was Den Danske Netordbog op 1 November 2006 terug op die been – hierdie keer op die Ordbogen webwerf.

In die somergety van 2007 het Ordbogen.com soektogte tussen Deens na Duits en Duits na Deens toeganklik gemaak en in 2008 is ook Sweeds, Frans en Spaans toegevoeg. Die huidige Direkteur en Hoofuitvoerende Beampte van Orbogen.com is Bjarni Norddahl,Interview with Bjarni Norddahl from University of Southern Denmark wat die maatskappy saam met Michael Walther in 2001 gestig het.

Volgens hul eie bronne word Ordbogens gebruik en aangemoedig deur ’n aantal Deense maatskappye en media, soos Amnestie Internasionaal Danmark,Amnesty International GlaxoSmithKline DanmarkGlaxoSmithKline en die nasionale uitsaaier Danmarks Radio se nuusafdeling wat uitsluitlik Ordbogen.com vir hul vertalingswerk sedert 2005 gebruik het.DR har benyttet Ordbogen.com med stor glæde siden 2005.

Eksterne skakels Ordbogen.com

Verwysings

Kategorie:Woordeboeke van Deens