Phoenix is 'n dorp in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika, 18 km noord van Durban.

Geskiedenis Daniel Lindley het in 1858 'n sendingstasie hier begin. Hier is 'n gedenkteken opgerig wat sy werk huldig. Gudurende 1904 het Mahatma Gandhi sy koerant Indian Opinion in Phoenix gedruk waar hy 'n Gemeenskapplaas vir Indiërs gestig het. Tydens apartheid was Phoenix 'n woon- en handelsgebied vir Indiërs en selfs nog tydens die sensus van 2011 het hulle meer as 85 persent van die bevolking uitgemaak, amper agt persentasiepunte minder as in die 2001-sensus.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Bronnelys Omar, Rooksana: Landmarks of the East. In: Conserva, April 1988, deel 3, nr. 2. ISSN 0258-3313 Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.

Kategorie:Voorstede van Durban