Die witgapermossel (Mactra glabrata) is 'n tweekleppige diertjie wat aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika voorkom. Die mossel word 11.4cm groot. Dit het 'n ovaalvormige skulp. Dit kom voor in rivierbeddings met fyn sand veral in areas waar die water sterk vloei. Die mossel begraaf hom ook onder die sand. Dit is ook 'n gewilde seekosgereg.

Bron Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Eksterne skakel http://www.sealifebase.org/summary/Mactra-glabrata.html

Kategorie:Tweekleppiges