Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Bengale (volk).

Bengaals of Bengali (বাংলা, Bangla, [ˈbaŋla], ) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 250 miljoen mense in Bangladesj, Indië en Nepal gepraat word. Bengaals is die amptelike taal van Bangladesj, een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi en van die Indiese deelstate Tripura en Wes-Bengale. Bengaals is naas Hindi die tweede belangrikste inheemse taal in Indië en wêreldwyd die sesde belangrikste taal. Bengaals is nou verwant aan Assamees en word in die Bengaalse alfabet geskryf, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie.

duimnael|links|Die woord "Bangla" in Bengaalse skrif duimnael|links|Bengaalssprekende gebied rondom die wêreld: Ter herdenking van Bangladesj se 5 000 soldate binne die vredesmag in Sierra Leone na die burgeroorlog het president Ahmad Tejan Kabbah Bengaals in Desember 2002 tot dié land se tweede amptelike taal naas Engels verklaar.

Sien ook Bengaalse Wikipedia

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Indo-Ariese tale Kategorie:Tale van Sierra Leone Kategorie:Tale van Bangladesj Kategorie:Tale van Indië Kategorie:Tale van Nepal Kategorie:Tripura Kategorie:Wes-Bengale