Richard Hugh "Richie" McCaw (gebore 31 Desember 1980 in Oamaru, Noord-Otago) is 'n voormalige Nieu-Seelandse rugbyspeler. Hy het as linkerflank in die rugbyspanne van die All Blacks, Crusaders en Canterbury gespeel. McCaw word as een van die beste rugbyspelers in sy posisie beskou. Hy het tydens die Rugbywêreldbeker 2003, Rugbywêreldbeker 2007, Rugbywêreldbeker 2011 en Rugbywêreldbeker 2015 vir die All Blacks uitgedraf, waarvan Nieu-Seeland die laaste twee gewen het.

duimnael|links|upright|Richie McCaw lig die Webb Ellis-beker nadat die All Blacks die Rugbywêreldbeker 2011 se eindstryd teen Frankryk naelskraap gewen het Hy speel sy 100ste toetswedstryd tydens die Rugbywêreldbeker 2011 op 24 September 2011 teen Frankryk, die eerste All Black wat die eer te beurt val.

Op 19 November 2015 het Richie McCaw sy uittreding uit rugby aangekondig. Met sy internasionale uittrede in November 2015 hou hy die volgende wêreldrekords:Berig op Ontbytsake, kykNET, 28 November 2015 Meeste toetse: 148 Meeste toetse as kaptein: 110 Meeste oorwinnings: 131 Meeste oorwinnings as kaptein: 97

Verwysings

Eksterne skakels

McCaw se statistiek op die All Blacks se webwerf Profiel op ESPNscrum

Kategorie:Nieu-Seelandse rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1980 Kategorie:Lewende mense