Die Groot-Keirivier is 'n rivier in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Dit ontspring in die Stormberg en vloei vir ongeveer 320 km voor dit by Keimond noord van Oos-Londen in die Indiese Oseaan uitmond.

Die Groot-Keirivier was voor 1994 die grens tussen die destydse Transkei en die Kaapprovinsie. Die Amatola-ghieliemientjie is endemies aan die rivier.

Belangrike sytakke Swart-Keirivier Wit-Keirivier Indwerivier Tsomorivier Waqurivier

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.

Kategorie:Riviere in Oos-Kaap