Maphumulo is 'n klein dorpie in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika, en is 38 km suidoos van Kranskop.
Geskiedenis In 1850 het biskop HP Schreuder van die Noorweegse Sendinggenootskap die Umpumulo sendingstasie hier begin. Die naam beteken 'rushawe'. In 1894 is 'n nuwe magistraatdistrik hier gestig.
Distrik Die distrik is 830 km2 groot. Die belangrikste ekonomiese aktiwiteit is veeboerdery.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne Lewis, Ian C.: Umpumulo ... Monument to a brilliant Scandinavian missionary. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 14, nr. 4, Junie 1965 Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal