Märkisch-Oderland Wapen Ligging in Duitsland 100px 100px Basiese gegewens Deelstaat: Brandenburg Administratiewe setel: Seelow Oppervlakte: 2 127,9 vk km Bevolking: 191 685 (31 Desember 2016) Bevolkingsdigtheid: 90,1 inwoners per vk km Kenteken: MOL, FRW, SEE, SRB Administratiewe verdeling: 45 munisipaliteite Landrat: Gernot Schmidt (SPD) Amptelike webwerf: maerkisch-oderland.de Ligging in Brandenburg 250px|senter

Märkisch-Oderland (amptelik: Landkreis Märkisch-Oderland) is 'n administratiewe distrik in die ooste van die Duitse deelstaat Brandenburg. Dit word in die noorde begrens deur die distrik Barnim, in die ooste deur die Republiek van Pole, in die suide deur die selfregerende stad Frankfurt (Oder) en die distrik Oder-Spree, en in die weste deur die deelstaat Berlyn.

Seelow is die administratiewe setel van Märkisch-Oderland, Strausberg die grootste stad in die distrik. Die natuurpark Märkische Schweiz is in Märkisch-Oderland geleë.

Geografie Die landelike distrik oos van die Duitse hoofstad Berlyn behels die landskappe van Oberbarnim, die Duitse deel van Lebus en die binnelandse Oderbruch-rivierdelta tot by die Duits-Poolse grensrivier Oder.

Kategorie:Distrikte van Brandenburg