Die Cido Arena is 'n veeldoelige arena in Panevėžys, Noord-Litaue. Dit is die tuisstadion van die korfbalspan Panevėžio Techasas. Danksy 'n fietsrenbaan met 'n lengte van 250 meter word hier ook fietswedrenne gehou.
Die arena, waar ook konserte plaasvind, is teen 'n koste van 108 miljoen LIT (31,3 miljoen €, waarvan 13,9 miljoen € as fondse van die Europese Unie ontvang is) opgerig.
In 2010 is die Litause Jeugdag met meer as 6 000 deelnemers in die arena gehou. In Augustus en September 2011 is dit een van altesaam ses Litause stadions waar wedstryde van die Europese korfbal-kampioenskap EuroBasket 2011 gehou sal word.
Eksterne skakels Die webtuiste van die Cido Arena
Kategorie:Stadions in Litaue