duimnael|200px|Adv. J.G. Strijdom duimnael|200px|Nelson Mandela en F.W. de Klerk duimnael|200px|Hendrik Verwoerd duimnael|200px|J.H. Pierneef. duimnael|200px|Nadine Gordimer. duimnael|regs|200px|Harry Oppenheimer. duimnael|regs|200px|Helen Suzman.
Hulle het ons eeu gevorm is 'n lys van 100 mense wat die grootste invloed op Suid-Afrika in die 20ste eeu gehad het. Die lys is gebaseer op 'n stemming wat deur Media24 op hulle webportaal aangebied is. Na die sluiting is biografieë oor die eerste 100 persone saamgestel en in boekvorm in beide Afrikaans en Engels gepubliseer.
Daar is twee pa-en-seun pare en twee man-vrou pare in die finale lys, naamlik Ernest en Harry Oppenheimer, Govan en Thabo Mbeki, Nelson en Winnie Mandela, en Walter en Albertina Sisulu. Dit is interessant dat een van die kandidate op die lys, Andre P Brink, ook die outeur van baie van die biografieë in die boek is.
Prosedure gevolg 'n Aanvanklike lys van 120 name is deur die geskiedkundige Trwella Cameron en uitgewer JJ Human saamgestel. Die name van B.J. Vorster en Chris Hani is aanvanklik doelbewus uitgelaat. Die publiek wat die webwerf besoek is gevra om te stem en voorstelle in te dien om by die lys te voeg. Uit die voorleggings het die uitgewer bepaal dat beide B.J. Vorster en Chris Hani wel op die lys ingesluit sal moet word. Mense wat nie Suid-Afrikaners is nie, maar wat 'n invloed op Suid-Afrika gehad het is ook vir die lys in aanmerking geneem. Tydens die stemming is geen etikette (soos "politikus", "sportpersoon", "aktivis", ens.) saam met die name voorsien nie.
Aanvanklik sou die stemming in Julie 1999 geëindig het,Kies invloedrykste Suid-Afrikaner, Beeld, 27 Julie 1999 maar dit is later verleng tot 31 AugustusMandela gewildste in SA; Tsafendas skop stof in Allan Boesak se oë, Beeld, 6 Augustus 1999 en weer tot in Oktober 1999.http://news.24.com/best100 op Archive.org
Die stemming het plaasgevind op http://news.24.com/best100. Die stem-portaal het ook 'n gespreksforum gehad sodat mense oor die meriete van die kandidate kon redekawel. Lede van die publiek kon ten gunste van 'n kandidaat stem, maar kon ook teen 'n kandidaat stem. Die name op die werf is van skakels voorsien sodat besoekers 'n kort profiel oor die persoon kon lees.
Kritiek Van die kritiek teen die lysVergissing grotesk Internet-kiesers oor rol van taal , Beeld, 11 Januarie 2000 sluit in vrae oor hoekom Gustav Preller nie die lys gehaal het nie, of hoekom staatsmanne soos Hertzog en M.T. Steyn laer as sportmanne soos Gary Player en Danie Craven asook die verhoogkunstenaar Pieter-Dirk Uys gelys is.
Die lys Die name in die boek in volgorde:
Nelson Mandela – staatsman Frederik Willem de Klerk – staatsman Hendrik Verwoerd – staatsman Chris Barnard – chirurg Harry Oppenheimer – besigheidsman Jan Smuts – staatsman Gary Player – sportman C.J. Langenhoven – outeur Anton Rupert – besigheidsman Cecil John Rhodes – besigheidsman Danie Craven – sportman Desmond Tutu – geestelike leier Daniël Francois Malan – staatsman Helen Suzman – politikus Louis Botha – staatsman N.P. van Wyk Louw – outeur John Vorster – staatsman JBM Hertzog – staatsman Ernest Oppenheimer – besigheidsman Steve Biko – aktivis Pieter Willem Botha – staatsman Raymond Ackerman – besigheidsman Chris Hani – politikus Breyten Breytenbach – outeur Christiaan de Wet – staatsman Oliver Tambo – aktivis Mohandas Gandhi – aktivis Thabo Mbeki – staatsman Frederik van Zyl Slabbert – politikus Mangosutho Buthelezi – politikus Pieter-Dirk Uys – verhoogkunstenaar en satirikus Walter Sisulu – politikus Alan Paton – outeur Cyril Ramaphosa – politikus Jacobus Hendrik Pierneef – landskapskilder Eugène Marais – outeur Herbert Baker – ingenieur André P. Brink – outeur Koos de la Rey – militêre leier Beyers Naudé – geestelike leier Joe Slovo – politikus Bruce Fordyce – sportman Winnie Madikizela-Mandela – aktivis Albert Luthuli – politikus Mimi Coertse – sanger C. Louis Leipoldt – outeur Dimitri Tsafendas – sluipmoordenaar Ali Bacher – sportman Athol Fugard – toneelskrywer en akteur Marthinus Theunis Steyn – staatsman Andries Treurnicht – politikus Herman Charles Bosman – outeur Nadine Gordimer – outeur Bram Fischer – prokureur Sol Kerzner – besigheidsman Olive Schreiner – outeur Govan Mbeki – politikus Hans Merensky – geoloog Alfred Milner – besigheidsman Robert Sobukwe – aktivis Trevor Huddleston – geestelike Helen Joseph – aktivis Allan Boesak – geestelike Walter Battiss – kunstenaar Albertina Sisulu – vrou van politikus Albert Hertzog – staatsman (seun van J. B. M. Hertzog) Hendrik van der Bijl – industrialis Sol Plaatjie – joernalis James Stevenson-Hamilton – omgewingspesialis Abdullah Ibrahim – musikant Frene Ginwala – joernalis Phillip Tobias – wetenskaplike Irma Stern – skilder Nthato Motlana – besigheidsman Moses Kotane – fondsinsamelaar Hendrik Johannes van Eck – nyweraar Richard Ernest van der Ross – historikus Oubaas Markötter – sportafrigter Mamphela Ramphele – akademikus John X Merriman – politikus Johannes Gerhardus Strijdom – politikus Charles Kohler – boer Arnold Theiler – bioloog Raymond Dart – paleontoloog Percy Qoboza – joernalis Ellen Kuzwayo – aktivis Amina Cachalia – aktivis Taubie Kushlick – teater-entrepreneur, regisseur en aktrise Jean Sinclair – aktivis Abdullah Abdurrahman – politikus August Aimé Balkema – outeur Hassan Howa – sportadministrateur Sydney Kumalo – verhoogkunstenaar Bessie Head – outeur Vivian Fitzsimons – herpetoloog James Gear – wetenskaplike Dulcie Howes – verhoogkunstenaar Isie Maisels – prokureur Clements Kadalie – aktivis Jim Bailey – joernalis
Sien ook Lys van bekende Suid-Afrikaners
Verwysings
*