David Ben-Gurion (Hebreeus: דוד בן גוריון; Arabies: دافيد بن غوريون‎; gebore as David Grün; 16 Oktober 1886 in Płońsk, Kongres-Pole – 1 Desember 1973 in Tel HaSjomer, Israel) was ’n Israeliese politikus en een van die hoofrolspelers in die totstandkoming van die onafhanklike Joodse staat Israel.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Hy was ook die eerste premier van Israel en een van die stigters van die sosiaal-demokratiese Arbeidersparty van Israel, Awoda. Tussen 1948 en 1963 het hy die amp van partyleier beklee.

Ben-Gurion het tussen 1948 en 1954 en nog eens tussen 1955 en 1963 as premier van Israel gefungeer. In 1948 het hy ook voorsitter van die Voorlopige Staatsraad (eintlik president) gewees. In 1955 het hy tydelik ook die amp van minister van verdediging beklee.

Die Ben Gurion Internasionale Lughawe in Tel Aviv is ter ere van hom vernoem.

Verwysings

Eksterne skakels David Ben-Gurion, webwerf van die Knesset.

Kategorie:Presidente van Israel Kategorie:Eerste Ministers van Israel Kategorie:Israelse Jode Kategorie:Israelse ministers Kategorie:Lede van die Knesset Kategorie:Poolse Jode Kategorie:Mense in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Ministers van Justisie Kategorie:Ministers van Landbou Kategorie:Ministers van Kultuur Kategorie:Ministers van Onderwys Kategorie:Ministers van Religie Kategorie:Ministers van Verdediging Kategorie:Ministers van Vervoer Kategorie:Geboortes in 1886 Kategorie:Sterftes in 1973