Geysdorp is 'n dorpie in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika. Die dorpie is noordwes van Delareyville geleë.

Geskiedenis Die Transvaalse regering het op 22 Januarie 1895 toestemming gegee vir die stigting van die dorp op die plaas Paardefontein, distrik Lichtenburg. Dit is onseker na wie die dorp genoem is, maar een moontlikheid is kmdt. N.C. Gey van Pittius (1837–1893), administrateur van die Republiek van Goosen.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne

B.P.J. Erasmus. Op Pad in Suid-Afrika. 1995.

Kategorie:Nedersettings in Noordwes