Elliotdale is 'n dorpie in die voormalige Transkeistreek in die Oos-Kaap, Suid-Afrika.

Geskiedenis Die dorpie is by die Xhosas as Xhora bekend. Die dorpie is in die 19e eeu gestig as die administratiewe sentrum vir die Bomvanastamme. Elliotdale is vernoem na sir Henry George Elliot wat in 1877 hoofmagistraat van Temboeland en in 1891 van die hele Transkei geword het.

Distrik Die distrik van 767 km2 is bekend vir sy natuurskoon en tabak.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne

B.P.J. Erasmus: Op Pad in Suid-Afrika. 1995.

Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap