Tsomo is 'n dorpie in die voormalige Transkeistreek in die Oos-Kaap, Suid-Afrika en is geleë op die oewer van die rivier met dieselfde naam.
Geskiedenis Die naam van die dorp is dié van 'n hoofman wat eens 'n kraal gehad het waar die pad die rivier oorsteek. Omrede so baie mense oor die jare in die rivier verdrink het noem die plaaslike mense dit "die rivier van die dood". Die dorpie het sy ontstaan aan die stigting van 'n militêre pos te danke. Die dorpie het in 1877 ontstaan as 'n administratiewe sentrum vir dié deel van Fingoland.
Distrik Die distrik is 1 062 km2 groot en daar word gemengde boerdery beoefen.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap