Koffiebaai is 'n oord by die mond van die Nengarivier (rivier van die walvis) aan die Indiese Oseaan in die voormalige Transkeistreek van die Oos-Kaap, Suid-Afrika, sowat 250 km suid van Durban. Daar woon ongeveer 258 mense. Die dorp word met die N2-nasionale pad verbind met die R411-streeksroete.

Die dorp het sy naam gekry toe 'n skip vol koffiebone hier in 1863 gestrand het. Baie koffieplante het daarna in die volgende jaar opgekom. Die bekende Gat-in-die-muur natuurverskynsel is 8 km suid van Koffiebaai.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Bronne B.P.J. Erasmus: Op Pad in Suid-Afrika. 1995.

Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap