Golela is dorpie in KwaZulu-Natal op die grens tussen Suid-Afrika en Eswatini. Die dorpie is ongeveer 9 km noord van die N2- nasionale pad. Die dorpie word deur die grens in twee verdeel; dus dien dit ook as 'n grenspos. Die Suid-Afrikaanse kant word Golela en aan Eswatini se kant Lavumisa genoem. Daar is 'n spoorlyn wat van Durban na die hart van Eswatini gaan. Die naam is van Swazi-oorsprong en beteken versamelplek van wild.

Sien ook Grensposte van Suid-Afrika Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Kategorie:Grense van Suid-Afrika Kategorie:Grense van Eswatini Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal