Hierdie artikel handel oor die geleerde en politikus. Vir die artikel oor die Kaapse staatsman, sien Onze Jan Hofmeyr.
Jan Frederik Hendrik (Jannie) Hofmeyr (Kaapstad, 20 Maart 1894 – Johannesburg, 3 Desember 1948) was ’n Suid-Afrikaanse geleerde en politikus. Hoewel hy beskou is as te verlig vir sy tyd, was die algemene opvatting dat genl. Jan Smuts hom uitgesoek het om hom op te volg as leier van die Verenigde Party.
Hofmeyr was ’n buitengewoon begaafde student en gradueer met ’n M.A. op die ouderdom van 17 jaar. Sy lewe lank het hy poste beklee wat gewoonlik vereenselwig word met ’n veel ouer persoon: hy word prinsipaal van die Suid-Afrikaanse Skool van Myne en Tegnologie in Johannesburg op 25, wat onder sy leiding in 1922 die Universiteit van die Witwatersrand geword het. Op 30 is hy aangestel as administrateur van Transvaal en op 39 was hy ’n kabinetsminister. Op ’n ongelooflike jong ouderdom het hy, met die nominale samewerking van die oud-Vrystaatse president F.W. Reitz, Het leven van Jan Hendrik Hofmeyr (Onze Jan) in 1913 geskryf.
Toe Hofmeyr in 1919 prinsipaal van die latere Universiteit van die Witwatersrand word, het hy ’n lewenslange band gesmee, want hoewel sy wortels in die Kaap was, was die optrede van die volwasse lewe hoofsaaklik gesentreer om Transvaal. Toe hy die universiteit in 1924 verlaat, was dit om administrateur van Transvaal te word. Sy vyf jaar lange ampstermyn het hom op ’n blink loopbaan in die Unie-Volksraad voorberei. Hofmeyr was vise-kanselier van Wits van 1926 tot 1930 en kanselier van 1938 tot en met sy dood. Hy het ook inspraak in die universiteit se lot gehad as minister van onderwys van 1933 tot 1938 en weer van 1939 tot 1948.
Sedert 1933 het hy weldra in die meeste kabinetsposte waargeneem en was hoogs veelsydig sowel as bekwaam. As redenaar in die Parlement het hy geen gelyke gehad nie. Hy het die vermoë gehad om die swakhede in sy teenstander se argument uit te lig en hulle te verpletter sonder kwaadwilligheid. Hy was boonop geheel en al tweetalig en het as minister gesorg dat hy al die feite het sodat hy ’n formidabele figuur was om te probeer opponeer. Hy het ook oor ’n buitengewone geheue en ondernemingsgees beskik.
Hofmeyr se voortydige dood kan deels toegeskryf word aan die swaar werklas wat genl. Smuts aan hom toevertrou het. Smuts het weliswaar gehelp om die oorlog in Europa te wen, maar tuis het hy nie net die verkiesing verloor nie, maar ook die beste en mees waarskynlike kandidaat om sy nalatenskap te laat voortleef. Suid-Afrika het een van die helderste liberale stemme in sy politiek verloor. Biographies of special South Africans . URL besoek op 18 Mei 2016.
Herkoms en kleuterjare duimnael|links|AB, Hennie en Deborah Hofmeyr in omtrent 1898 Jan Frederik Hendrik Hofmeyr was die jongste kind van Andries Brink Hofmeyr (26 Julie 1851 – 17 Maart 1897). Laasgenoemde was eers met Clara Gertruida Margaretha Rossouw (23 Desember 1850 – 23 Maart 1884) getroud en vier dogters is uit hierdie huwelik gebore. Sy tweede vrou, met wie hy op 13 Desember 1887 getroud is, was Deborah Catherina Beyers (5 Desember 1863 – 27 Julie 1959). Hul eerste kind was Andries Beyers ("A.B.") Hofmeyr, gebore binne ’n jaar na hul troue.Paton, infra, p. 4. Dit was eers vyf jaar later dat hul tweede seun op 20 Maart 1894 gebore is. Hoewel hy by sy doop die tweede naam Frederik gekry het, het hy dit nooit gebruik nie en het hy sy lewe lank net as J.H. Hofmeyr bekend gestaan. Alan Paton, South African Tragedy, The Life and Times of Jan Hofmeyr, verkort deur Dudley C. Lunt, Charles Scribner’s Sons, New York, p. 3 In sy kinderjare was sy noemnaam altyd Hennie gewees.Paton, supra, bl. 51
Hennie se vader, ’n sagsinnige en ingetoë man,Paton, supra, bl. 3 skryf dat hy "quiet and unassuming" was. wat voor Hennie se derde verjaardag oorlede is,Paton ,supra, p. 5. was die sakebestuurder van die koerant Ons Land en die sekretaris van die Afrikanerbond. Hy was ’n neef van Onze Jan Hofmeyr omdat hy die seun van ’n jonger broer, Andries Brink Hofmeyr (1820–1870), van Onze Jan se vader was. Hennie Hofmeyr was dus nie ’n broerskind van Onze Jan nie, maar ’n seun van sy neef.Paton, supra, bl. 3
Deborah Beyers het uit ’n bekende ou Stellenbosse familie gestam. Sy was ’n reguit, heerssugtige, bekrompe en ontembare mens en was bekend vir haar rondborstige en openhartige uitsprake.Paton, supra, bl. 4. Haar jongste seun was stil en saggeaard. Vroeg reeds was hy leersaam en gehoorsaam aan sy moeder aan wie hy baie geheg was. Toe Hennie twee jaar oud was, het hy baie siek geword en sy moeder het hom liefderyk en met groot toewyding verpleeg. Sy herstel het hul verhouding versterk en bevestig.
Hennie Hofmeyr is in die Groote Kerk gedoop, maar hy ontvang sy godsdienstige onderrig in die Baptistekerk en gevolglik in Engels. Sy moeder het haar tot die Baptiste gewend toe die predikant van die Groote Kerk haar tydens Hennie se vroeë en ernstige siekte nie die praktiese hulp gebied het wat sy verwag het nie. Dit was juis in die Baptistekerk wat sy moeder besef het dat hy buitengewoon begaafd was. Hy was maar net 5 jaar oud toe sy agterkom dat hy vlot Engels kon lees. Hy kon ook Hollands lees toe hy die Groote Kerk met sy ouma besoek het.Paton, supra, bl. 5. By die Sondagskool van die Baptistekerk het hy almal beïndruk deur niks wat hy geleer het, te vergeet nie. Eendag het ’n gereelde kerkganger hom ná ’n kerkdiens gevra waaroor die dominee gepreek het. Tot sy verbasing het Hennie omtrent die hele preek woord vir woord herhaal.Paton, supra, bl. 6 Sy ma het Hennie geleer dat God nie onderskei tussen ryk en arm of wit en swart nie, want voor Hom was almal gelyk.Paton, supra, bl. 7.
Tydens sy latere lewe het hulle gewoonlik Presbiteriaanse dienste bygewoon. Jannie Hofmeyr is nooit aangeneem nie, maar die Christelike godsdiens, in sy Protestantse en aanvanklik fundamentalistiese vorm, het lewenslank ’n wesentlike en blywende invloed op hom uitgeoefen; baie van sy politieke beskouings het uit sy sterk godsdienstige oortuigings voortgekom.
Sy was, wat haar begaafde, jongste seun betref het, oormatig beskermend. Met haar sterk persoonlikheid het ’n regstreekse, oorweldigende invloed op haar delikate en knap seun se opvoeding en die vorming van sy karakter uitgeoefen. As gevolg van ’n geneesheer se voorspelling – toe Jannie Hofmeyr drie jaar oud was – dat hy óf ’n genie sou word óf jonk sou sterf, het sy moeder ’n neurotiese vrees ontwikkel dat hy voortydig sou sterf en dit het haar oordrewe besorg oor sy gesondheid gemaak. Sy het Jannie se huislike lewe tot sy dood oorheers en sodoende doeltreffend gekeer dat hy ooit sou trou; later in sy lewe was sy blykbaar wel ten gunste van ’n huwelik, maar slegs as sy keuse van ’n huweliksmaat haar goedkeuring sou wegdra. Haar invloed het ook ingewerk op sy hele openbare loopbaan. As intens godsdienstige vrou het sy heel moontlik bygedra tot sy geloof dat as hy slegs met alle mag alles doen wat sy hand vind om te doen, God op sy tyd alle dinge aan hom sou skenk. Hierdie opvatting het ten grondslag gelê van die politieke besluiteloosheid wat eers so kenmerkend van sy loopbaan was en dit ten slotte geskend het. Jannie Hofmeyr is ook geïnhibeer deur sy nabyheid aan die indrukwekkende gestalte van genl. J.C. Smuts, wat hom terselfdertyd geïntrigeer en gefassineer het en aan wie hy eindelik volledige trou toegesweer het.
Skool en universiteit SACS (1902–1906) duimnael|links|Die J.H. Hofmeyr-gedenksaal en -biblioteek is deur oudleerders van SACS by die skool opgerig Jannie was byna 8 jaar oud toe hy in 1902 vir die eerste keer skool toe gegaan het. SACS (South African College School) was trots daarop dat hulle Engelse, Afrikaanse en Joodse seuns in harmonie met mekaar onderrig het. Destyds het skole net een manier geken om begaafde kinders te hanteer. Dit was om hulle onmiddellik te bevorder na die volgende standerd. Hulle het hul min aan die kind se emosionele en sosiale ontwikkeling gesteur. In sy eerste twee jaar op skool het Jannie vyf jaar se onderrig voltooi. Na nog twee jaar het hy ’n verdere vier akademiese jare voltooi. In 1906 het hy darem ’n volle jaar in matriek deurgebring, net om dit op 12-jarige ouderdom met vlieënde vaandels deur te kom.Paton, supra, bl. 9. Hy het eerste gestaan in sy skool en derde in die kolonie. Maar sy vyf jaar by SACS was nie gelukkige jare nie. Reeds toe hy daar aankom was hy kort en bonkig en het hy brille met baie dik lense gedra.Paton, supra, bl. 8. Hy was passievol oor krieket, maar kon dit nooit eintlik baasraak nie. In matriek, terwyl sy klasmaats in hul rugbybaadjies of flenniebroeke flankeer het, het Jannie in sy kortbroekmatroospakkie rondgedwaal en met albasters gespeel. Voordat hy universiteit toe gegaan het, het Onse Jan 'n vaderlike gesprek met hom gehad. Hy het Hennie meegedeel dat karakter belangriker as intellektuele prestasie was. Dit het groot inslag by Hennie gevind en hy het dit met hart en siel aanvaar.Paton, supra, bl. 10.
Suid-Afrikaanse Kollege (1907–1911) duimnael|Dertien jaar oud en reeds op universiteit Destyds was die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop die enigste universiteit in suidelike Afrika. Dit het studente geëksamineer, maar hulle nie onderrig nie. Dit was gedoen deur die konstituerende kolleges soos die Suid-Afrikaanse Kollege in Kaapstad. Hennie het ’n spesiale beurs van die Kollegeraad ontvang om daar te studeer. Hy kon kies tussen ’n BA in Tale of ’n BA in Wetenskap. Hy het eersgenoemde gekies. Die kollege het aangedring dat hy 3 jaar moes studeer om die graad te voltooi.Paton, supra, bl. 11. Op twaalfjarige ouderdom het sy universiteitsloopbaan in 1907 ’n aanvang geneem. Hy het steeds kortbroek gedra.Paton, supra, bl. 11. Een van die professore het sy ma gevra dat hy langbroek moes dra, maar sy het geweier. In sy tweede jaar het Hennie by die debatsvereniging en die CSV aangesluit. Dit was ook die jaar waarin Alfred Hoernlé die professor van filosofie geword het. Hofmeyr het groot bewondering vir hierdie leier van liberale denke in Suid-Afrika gehad.Paton, supra, bl. 12. Daardie jaar het hy ook die medaljes ontvang vir al 5 sy kursusse: Latyn en Klassieke Filologie, Grieks, Engels, Filosofie en Hollands. Hennie se beste vriend was steeds Theo Haarhoff, maar hy was nog by SACS. Hulle was ewe tuis in Engels en Afrikaans en beide van hulle is opgevoed in streng en gelowige huise. Beide was lief vir Latyn en Grieks. Dan het beide graag krieket gespeel, maar geeneen was behendig daarmee nie.Paton, supra, p. 13
Aan die einde van 1909 het Hennie sy BA-graad met onderskeiding verwerf. Nie alleen het hy eerste in sy klas gestaan nie, maar hy het ook die universiteit se goue penning vir Letterkunde verwerf. Daarbenewens het hy ook ’n Rhodes-beurs ontvang. Daar is toe wyslik besluit om hom terug te hou en hy gaan eers in 1913 na Oxford.Paton, supra, bl. 15. Sommige waarnemers meen daar is toe reeds ’n mate van skade aangerig; die feit dat hy klasse saam met jong mans moes volg wat van vier tot vyf jaar ouer as hy was, het Hofmeyr baie eensaam laat word.