duimnael|links|Die landsdele van Tsjeggië:
Morawië (Tsjeggies en Slowaaks: Morava , Duits: Mähren, Latyns: Moravia) is - naas Boheme en Oostenryks- of Tsjeggies-Silesië - een van die drie historiese lande van Tsjeggië, geleë in die ooste en suidooste van dié republiek. Die gewes is vernoem na die Marchrivier (Morava) wat in noord-suidelike rigting deur Morawië vloei en in Oostenryk in die Donau uitmond. Morawië vorm sy noordelike stroomgebied. Die historiese hoofstad en grootste nedersetting is Brno. Tsjegge, wat onder meer om historiese en kulturele redes na hulself as Morawiërs verwys, vorm die oorgrote meerderheid van die bevolking
Morawië word in die weste begrens deur Boheme, die grootste historiese land van Tsjeggië, in die noorde deur die kleinste historiese Tsjeggiese streek, Tsjeggies-Silesië (vroeër Oostenryks-Silesië). Die gebied deel internasionale grense met Slowakye in die ooste en Oostenryk in die suide.
In die 9de eeu was die kerngebied van die Morawiese Ryk hier en in die aangrensende dele van Slowakye geleë. Teen die begin van die 11de eeu was Morawië een van die lande van die Boheemse Kroon. Sedert 1949, toe dit in administratiewe distrikte verdeel is, vervul Morawië as historiese landskap self geen administratiewe funksies meer nie.
duimnael|links|Vlag – Morawië duimnael|links|Vroulike musikante in Horácko in Morawiese kleredrag
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geskiedenis van Tsjeggië