Jacobus "Co" Adriaanse (gebore op 21 Julie 1947 in Amsterdam) is 'n Nederlandse sokkerafrigter. Hy is tans sonder klub, sedert hy ontslaan is as afrigter van FC Twente op 3 Januarie 2012. Hy het baie sukses behaal by Willem II (naaswenner in die Eredivisie), AZ Alkmaar (halfeindstryd om die UEFA Beker), FC Porto (hy het die nasionale titel en die Beker van Portugal gewen) en Red Bull Salzburg (hy het die Bundesliga gewen).
Co Adriaanse is bekend daarvoor dat sy spanne altyd aggressief aanval.
Speler As sokkerspeler het Co Adriaanse tussen 1964 en 1970 vir De Volewijckers gespeel en tussen 1970 en 1976 vir FC Utrecht.
Afrigter SeisoeneKlubLandLigaErelys 1984–88 PEC Zwolle Eredivisie 1988–92 FC Den Haag Eredivisie 1997–00 Willem II Eredivisie 2000–01 Ajax Eredivisie 2002–05 AZ Alkmaar Eredivisie 2005–06 FC Porto Primeira Liga Nasionale kampioen en Portugese beker 2006–07 Metallurg Donetsk Vysjtsja Liha 2007–08 Al-Sadd Qatari League 2008–09 Red Bull Salzburg Bundesliga Nasionale kampioen 2010–11 Katar (olimpiese span) 2011 FC Twente Eredivisie Johan Cruijff Schaal
Kategorie:Nederlandse sokkerspelers Kategorie:Sokkerafrigters Kategorie:Geboortes in 1947 Kategorie:Lewende mense