duimnael|links|320px|Die Vaderland se voorblad van 30 April 1981. duimnael|regs|200px|Die buiteblad van die eerste uitgawe van Die Week op 23 Februarie 1912. duimnael|200px|Die buiteblad van die eerste uitgawe van Het Volk op Vrydag 19 September 1913. duimnael|200px|Die buiteblad van die eerste uitgawe van Ons Vaderland op Vrydag 10 September 1915. Die redakteur was Jan Kamp.
Die Vaderland was 'n Afrikaanse middagblad in Johannesburg van 1936 tot 1988.
Dit was die eerste Afrikaanse dagblad in die stad en tydens sy hele bestaan 'n vurige ondersteuner van die Nasionale Party, buiten van 1934 tot 1939 toe dit die Verenigde Party ondersteun het omdat genl. J.B.M. Hertzog hom toe in daardie party bevind het ná die samesmelting met die Suid-Afrikaanse Party van genl. Jan Smuts. Gevolglik het Kaapse Nasionaliste in 1937 Die Transvaler in Johannesburg opgerig as spreekbuis van die Gesuiwerde Nasionale Party. Tot en met die verskyning van Beeld in 1974 was Die Transvaler Johannesburg se enigste Afrikaanse oggendblad en Die Vaderland die enigste Afrikaanse middagblad. Die koms van die Nasionale Pers se Beeld het in 1983 tot die sluiting van Oggendblad en Hoofstad in Pretoria gelei, in 1988 tot die inlywing van Die Vaderland by Die Transvaler en uiteindelik, in 1993, ook tot die sluiting van Die Transvaler, Perskor se laaste Afrikaanse dagblad, waarna die maatskappy nog net The Citizen uitgegee het en die helfte van die Sondagblad Rapport besit het.
duimnael|140px|Harm Oost, redakteur van Die Week, Het Volk en Ons Vaderland.
Voorlopers: Die Week, 23 Februarie 1912 Die Vaderland en trouens ook die Afrikaanse Pers (1962) Beperk en die latere Perskor het almal hul ontstaan te danke aan Die Week, wat op 23 Februarie 1912 in Pretoria die lig gesien het as die eerste koerant wat genl. J.B.M. Hertzog se beleid gesteun het. In Pretoria het Die Volkstem kort ná die Anglo-Boereoorlog herleef met Harm Oost as assistent van die adjunkhoofredakteur, Gustav Preller. Van omstreeks 1908 af het Oost min of meer onafhanklik van die hoofkoerant opgetree toe hy 'n byblad met die naam De Boer moes behartig. Die hoofblad het genl. Louis Botha se politiek ondersteun en die byblad dié van Hertzog.
So het die aanhangers van albei denkrigtings lesers van De Volksstem gebly, maar in 1911 het genls. Botha en Smuts hul oorheersende invloed op De Volksstem laat geld omdat hulle gereken het die Hertzog-hand word te sterk. Uiteindelik is die koerant se redakteur, Harm Oost, versoek om in die gees van Botha te skryf of 'n ander joernalistieke heenkome te vind. Oost tree gevolglik op 1 Desember 1911 uit die redaksie van De Volksstem sodat hy Hertzog met 'n ander publikasie kon ondersteun.
Hy laat die eerste Die Week op 23 Februarie 1912 die lig sien as "Een Nationaal en Landbouw Blad, Geïllustreerd, Onder redaktie van H. Oost met vaste medewerking van Nig Mimmie e.a., Kantoor: 159, Potgieterstraat, Pretoria". Onder die koerant se ondersteuners het getel adv. Tielman Roos, adv. A.S. van Hees, prok. H.S. Webb, Henry Moll en ds. (later dr.) H.D. van Broekhuizen.
Al die destydse koerante was heftig gekant teen genl. Hertzog en Die Week was die enigste wat hom ondersteun het.
Die koerant was ook 'n kampvegter vir Afrikaans as taal en het voorbeelde uit byna elke staatsbedrywigheid voorsien waar Afrikaners ongelyk behandel is in die naam van die destydse regeringsbeleid van sogenaamde Konsiliasie. Nietemin het Die Week solank moontlik gepleit vir die handhawing van eenheid in die Suid-Afrikaanse Party. Hertzog is egter op 16 Desember 1912 uit die Botha-kabinet gesit. Die Week plaas op 6 Maart 1913 sy manifes, maar die koerant se toenemende invloed kom kort hierna tot 'n einde weens onenigheid tussen Nig Mimmie (mev. C.C. Logan) en die redakteur.
Sy het mede-eienaarskap van die blad geëis en wou hê 'n te stigte sindikaat moes dit beheer. Oost het hom teen albei gedagtes verset en daarom beroep Nig Mimmie haar op die hof wat Oost in die ongelyk stel. Hy kon nie die koste betaal nie en is gedwing om boedel oor te gee. Nig Mimmie word redakteur van Die Week, wat van toe af by die Volksstem-drukkery uitgegee is en 'n Botha-orgaan geword het. Die kort verdwyn kort daarna omdat dit sy bestaansreg verloor het. In September 1913, slegs 'n jaar en sewe maande na sy ontstaan, gaan Die Week "oor na die vyand", soos Oost dit gestel het.
Voorlopers: Het Volk, 19 September 1913 duimnael|140px|Gustav Preller, redakteur van Ons Vaderland van 1925 tot 1932 en tot 1936 van Die Vaderland.
Oost begin onmiddellik met die bystand van 'n groepie vriende die nuwe weekblad, Het Volk. Dit verskyn elke Donderdag sonder onderbreking in Die Week se plek. Die Het Volk Drukkers & Uitgevers Maatschappij Beperkt is op 13 September 1913 geregistreer met adv. Tielman Roos, dr. Hjalmar Reitz en prok. H.S. Webb as direkteure geregistreer. Die koerant is, soos Die Week, gedruk deur mnr. Verbeek se Atlas Drukkery en Bindery, Pretoria.
Het Volk het hom toenemende heftigheid verset teen genls. Botha en Smuts se versoeningsbeleid. Die teenstand teen die beleid het al hoe wyer begin uitkring. Gustav Preller, groot vriend van Botha en adjunk-hoofredakteur van De Volksstem, skryf byvoorbeeld in 'n privaat memo in 1914: "Konsiliasie is eenvoudig rampant, dikker en taaier en walgliker as ooit. Taal en nasionaliteit is dinge wat gelyk staan met Rebellie. Die nuusbladpers wat nog op 'n halfhartige manier geprobeer het om die saak van die Hollandse Taal omhoog te beur, die werd skriftelik belet om 'n woord te rep van the language question, concerning which difference of opinion exists. Aan die anker kant is mense wat hulle skuldig gemaak 't, vies omdat hul – natuurlik heeltemal ten onreg – meen dat die nasionale saak tot sy logiese konsekwensies deurgevoer, moes eindig in wat daar gebeur 't en – so baie het nie opgestaan nie."
Het Volk se invloed en lesers het in so 'n mate toegeneem dat dit later halfweekliks kon verskyn.
Die onversoenbaarheid van die Botha-Smuts-beleid en dié van Hertzog lei in 1914 tot die stigting van die Nasionale Party, waarvan Het Volk die eerste orgaan geword het met Harm Oost as die eerste nasionale joernalis in Suid-Afrika. So bly Het Volk 'n vurige teenstander van die groot en prestigeryke De Volksstem, die eerste Hollandse dagblad in Suid-Afrika. Met die uitbreek van die Rebellie het genl. Smuts egter Het Volk in Oktober 1914 verbied. Die koerant sluit sy deure en Harm Oost neem die wapen op aan die kant van genl. Christiaan de Wet.
Voorlopers: Ons Vaderland, 10 September 1915 links|260px|duimnael|Die redaksie van Ons Moedertaal, Stellenbosch (van links): prof. J.J. Smith, dr. Tobie Muller en Gordon Tomlinson. Die naam van hierdie vroeë tydskrif was die inspirasie vir die titel Ons Vaderland.
duimnael|160px|Eugène Marais, letterkundige medewerker van Die Vaderland van 1932 tot met die koerant se verhuising na Johannesburg en sy dood op 29 Maart 1936.
'n Groep Jong Turke wou nie verlief neem met die sluiting van die enigste Nasionale koerant nie en stig op 8 September 1915 die Noordelike Drukpers Maatskappij Beperk om die nasionale belang van die Afrikaner te bevorder deur die "volksorgaan" Ons Vaderland op die been te bring. De Burger, wat in die dieselfde jaar gestig is, verwelkom die halfweeklikse blad as 'n ware bondgenoot. Op 22 September verwys De Burger na die Pretoriase blad as "een nieuwe kracht in de Transvaal". De Burger spreek die hoop uit dat Ons Vaderland "tot in lengte van dagen tot heil van land en volk (mag) groeien en bloeien!"
Dadelik neem die nuwe maatskappy die drukkery van mnr. Verbeek oor asook De Transvaler, 'n weekblad wat toe reeds enkele jare in Johannesburg verskyn het. Dit het aan dr. T.C. Visser behoort, 'n vurige republikein en Hertzog-ondersteuner. (Met die einde van Die Vaderland dekades later is hy op sy beurt by Die Transvaler ingelyf, 'n dagblad wat in 1937 deur Kaapse Nasionaliste gestig is.)
Ons Vaderland maak sy debuut op 10 September 1915. Die nominale kapitaal van £30 000 is verdeel in aandele van £1 elk. Onder die stigterandeelhouers was onder meer genl. Hertzog, adv. Tielman Roos, ds. J.H. Greyvenstein, N.C. Havenga, C.F. Beyers en Karel Rood. Harm Oost was weer die redakteur, maar hy het in daardie stadium in die Fort in Johannesburg gesit vanweë sy deelname aan die gewapende protes. Prof. Jan Kamp van die literariese departement van die Gereformeerde Kerk se Teologiese Skool op Potchefstroom is toe gevra om as redakteur waar te neem. Hy geniet die bystand van dr. Johannes Grosskopf en die digter Jan F.E. Cilliers.
Ons Vaderland se naam is deur 'n 10-jarige seun, Freddie Beyers, voorgestel. Op die oggend voordat die koerant die eerste keer sou verskyn, het Freddie se pa, F.W. Beyers, van die prokureursfirma Beyers en Oosthuizen, 'n briefie van Freddie aan sy tikster gedikteer sodat dit aan die redakteur van die te stigte koerant gerig kon word: "Aan die Editeur van Ons Vaderland. Ek wil net sê: Een aand sê my pappie aan tafel dat die mense hulle koppe krap oor 'n naam vir ons nuwe koerant. Ek het so 'n oomblikkie gedenk en sê toen: Hoe sou Ons VADERLAND wees? en daarvandaan kom die naam! Ek hoop van harte dat dit goed sal gaan met die koerant en dat daar ook stukkies in sal verskyn wat 'n seuntjie van 10 jaar, so's ik, sal kan lees." In 1952 het mnr. F.W. Beyers, die destydse tienjarige, vir Die Vaderland vertel dat sy oog die aand toe hy aan die naam gedink het, op 'n eksemplaar van Ons Moedertaal geval het wat eenkant op die tafel gelê het. Dit het die naam Ons Vaderland deur sy brein laat flits.
Soos sy voorganger het Ons Vaderland 'n tydjie lank voortgesukkel in 'n ongerieflike huis by Bloedstraat 190, Pretoria. In die agterplaas is 'n aantal sinkvertrekke opgeslaan wat die settery, drukkery en bindery moes huisves. Ondanks die droogte van 1914 en die nadraai van die Rebellie, 'n skaarste aan geld vir papier en die Eerste Wêreldoorlog, bly Kamp optimisties en stry hy moedig saam vir die voortbestaan van die Nasionale Party, die Afrikanerdom en hul vryheid.
Lyfblad van die Nasionale Party duimnael|240px|links|Die vooraansig van Ons Vaderland se gebou by Pretoriusstraat, Pretoria.
duimnael|regs|160px|Prof. Jan Kamp, eerste redakteur van Ons Vaderland.
Die Transvaalse takke van die Nasionale Party hou in 1915 'n konferensie en kies Ons Vaderland as partyorgaan. Toe die vier destydse provinsies in 1916 'n federale raad van die NP saamstel, is Ons Vaderland ook as landswye "officiële orgaan" erken. Die party het egter nie 'n regstreekse aandeel in die Noordelike Drukpersmaatskappy besit nie en dus ook nie seggenskap in sy redaksionele beleid verkry nie.
Ons Vaderland help die Nasionale Party in die verkiesing van 20 Oktober 1915 om 78 290 in Transvaal te kry, teenoor 95 413 vir die Suid-Afrikaanse Party.
Oost kon reeds in Desember daardie jaar op parool uit die tronk kom, maar het dit geweier omdat dit sou werksaamhede as persman sou belemmer. Eers teen die middel van 1916 is hy toe vrygelaat. Hy neem die redakteurskap by Kamp oor wat na die universiteitskollege op Potchefstroom vertrek. Onder Oost se leiding beywer die koerant hom vir die stigting van die Broederbond en vir moedertaalonderwys in Afrikaans. Toe genl. Smuts ná die verkiesing op 10 Maart 1920, waarin sy Suid-Afrikaanse Party 41 setels teenoor 44 vir die Nasionale Party kon kry, net met behulp van die Unionisteparty se 25 setels kon regeer, steun Ons Vaderland die hernieude pogings tot Afrikanereenheid. Toe die daaropvolgende eenheidskongres misluk, smelt die SAP en Unioniste saam en dit bring vir eers 'n einde van die eenheidsgedagte.