Tugela Ferry is 'n dorp geleë in die middel van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die nedersetting, wat een van die armste in die land is, is ook in die voormalige tuisland KwaZulu geleë. Die dorpie is 30 km suid van Pomeroy en langs die Tugelarivier. Die naam is ontleen aan die pont wat gebruik is om oor die Tugelarivier te gaan voor die enkellaanstaalbrug gebou is.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne B.P.J. Erasmus: Op Pad in Suid-Afrika. 1995.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal