Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Aymara (volk).

Aymara (Aymar aru) is naas Quechua en Guaraní die belangrikste inheemse taal van Suid-Amerika wat deur sowat 2,8 miljoen mense in die sentrale Andesstreek van Bolivië, Chili en Peru gepraat word. Dit word veral deur die Aymara gepraat en vorm saam met Guaraní, Quechua en Spaans die amptelike tale van Bolivië asook saam met Quechua en Spaans die amptelike tale van Peru. Daarbenewens is Aymara 'n erkende minderheidstaal in Chili.

duimnael|links|Letters van Aymara se alfabet Aymara word oorwegend in die sentrale weste van Bolivië en aangrensende streke van Chili en Peru gepraat. Dit vorm saam met Kawki (amper uitgestorwe) en Jaqaru (700 sprekers) die Aymara-taalfamilie.

Sien ook Inheemse tale van die Amerikas

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Inheemse tale van die Amerikas Kategorie:Tale van Bolivië Kategorie:Tale van Chili Kategorie:Tale van Peru